Renaldo lei Tel Aviv; vier Namibiërs sluit aan
Rugby
Drie spelers van FNB Universiteit van Namibië en een van FNB Wanderers het hulle vandeesweek in Pretoria by die Tel Aviv Heat aangesluit.
Die 32-jarige Namibiese agtsteman Renaldo Bothma is toerkaptein van The Heat, wat op die vooraand van drie toerwedstryde in Suid-Afrika is.
Drie van Unam se Namibiese Wêreldbekerspelers van 2019 – die senter of vleuel Lesley Klim, flank Prince !Gaoseb en haker Obert Nortje – asook die gewese Namibiese o.20-flank Peter Diergaardt het vandeesweek uit Windhoek vertrek om hulle aan te sluit.
Nortje het egter ná sy Unam-dae aanbeweeg vir een seisoen in die VSA by Seattle Seawolves, voor hy na Windhoek teruggekeer en vir Wanderers begin speel het.
!Gaoseb is reeds verlede jaar deur Tel Aviv gekontrakteer, maar het vanweë 'n besering nog nie veel speeltyd daar gekry nie.
Lesley Klim sal hoop om ná sy onlangse kontrakte by gerekende klubs soos Ospreys en Jersey Reds wat weens ontydige beserings nie werklik kon vlamvat nie, 'n meer blywende indruk te maak.
Tel Aviv Heat het (deels danksy die moratorium op deelname van twee Russiese klubs) in sy huidige seisoen tweede op die puntelys van die oostelike konferensie van die Europese Superbeker geëindig.
Die Israeliese klub het sodoende deurgedring na die semifinaal van die Superbeker – teen Lusitanos XV van Portugal, wat ná ses wedstryde onoorwonne boaan die westelike konferensie geëindig het.
Vir die semifinaal in April sal Bothma en sy spanmaats na Portugal moet reis, maar vir nou slyp hulle eers in Suid-Afrika met toerwedstryde (die eerste en ’n uitgebreide oefengroep van 38 spelers.
GEËERD
“Dis vir my groot eer om kaptein te kan wees. Ek sien uit na die toernooi,” het Bothma by navraag aan Republikein gesê.
“Ons gebruik die toernooi om voor te berei vir die Europese semifinaal, asook om na ’n paar ouens te kyk vir die nuwe seisoen wat in September weer afskop.
“Ek is opgewonde om die Namibië-manne hier te hê. Ek het saam die meeste gespeel en weet wat ons in hulle het, en glo dis vir hulle ook weer ’n goeie geleentheid om ’n kans te kry om in Europa rugby te speel wat dan natuurlik ons nasionale span help deur ouens meer blootstelling te gee.”
Die toergroep speel môre (Saterdag 19 Maart) met twee spanne teen die gedugte Northam Rhinos van Rustenburg. asook Woensdag teen die Naka Bulls en dan op Saterdag 26 Maart op Loftus Versfeld teen die tradisieryke Loftus 200-klubkombinasie van Pretoria.
“Dis alles goeie voorbereiding vir ons semifinaal, asook om ons nuwe spelersgroep reg te kry vir die nuwe seisoen,” sê Bothma, wat in November ’n suksesvolle terugkeer tot die Namibiese toetsspan in hul oorwinnings teen Kenia en Zimbabwe op Stellenbosch gemaak het.
Die Tel Aviv Heat word afgerig deur Kevin Musikanth, tevore Varsitybeker-afrigter van Ikeys. Die franchise beskik ook oor ’n klompie Suid-Afrikaanse spelers soos die gewese Blou Bulle-vleuels Xolisa Guma en Sebastiaan Jobbs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie