Renaldo pak sy stewels weg

Rugby
Renaldo Bothma, ’n voormalige kaptein van Namibië se rugbyspan, het weens ’n besering besluit om sy stewels weg te pak.

Die 32-jarige Botha, wat ook vir die Bulle en die Haaie gespeel het, het vandeesweek sy uittrede op die sosiale media aangekondig.

“Ek wou regtig deurgedruk het en in nog ’n Wêreldbeker-toernooi gespeel het, maar ek het op mediese advies besluit om eerder uit te tree,” het Bothma geskryf.

Dié voormalige losvoorspeler het ’n ernstige kniebesering opgedoen toe hy in April vir die Tel Aviv Heat gespeel het.

As gevolg van dié besering het hy begin om die gevoel in sy linkervoet te verloor en hy sal daarvoor geopereer moet word.

Bothma het in 2015 vir Namibië in die WB-toernooi in Engeland gespeel.

Behalwe vir verskeie spanne in Suid-Afrika, het hy ook in Japan vir Toyota Verblitz en in Engeland vir Harlequins gespeel.

* Twiet: https://twitter.com/renaldobothma/status/1552200522421108736

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!