Resiese kan getalle lok
Perdesport
’n Reusegetal toeskouers van oor die land stroom môre na Okahandja vir die tiende jaarlikse Angermund Racing perdewedrenne, danksy borgskap deur Standard Bank.
Angermund Racing, ’n jarelange lid van die Namibiese Perderesievereniging, nooi die publiek na hul aanbieding van die Standard Bank Alex Angermund Handicap vanaf 10:00 op Okahandja.
’n Algehele totaal van N$100 000 sal aan wenners uitbetaal word, nadat eienaars oor die hele Namibië heen ingeskryf het.
Die kategorieë vir wedrenne is soos volg:
Namibies geteelde “Maidens” – 1000 &1400 meter
Namibies geteelde “Graduation” – 1000 &1400 meter
Namibies geteelde D-afdeling – 1000 & 1600 meter
Namibies geteelde A-afdeling – 1000 & 1800 meter
Ingevoerde “Maidens” – 1000 & 1400 meter
Ingevoerde “Graduation” – 1000 & 1600 meter
Ingevoerde D-afdeling – 1000 & 1800 meter
Ingevoerde A-afdeling – 1000 & 2000 meter
Ope 1400 meter – hoofresies.
Ope 400 meter Sprint – ’n pretitem en die enigste van die byeenkoms waar inskrywings op die dag aanvaar sal word.
Vir organiseerders is dit ook ’n riem onder die hart dat Bahnhoff Sand & Stones, Reho Drilling & Investment, Herman’s Technology Civil Works, Loxton Butchery, Karoo Osche Rehoboth, Okahandja Racing en Naris Turfklub hul hande diep in die sakke gesteek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie