No Image Caption

Riaan en Herman bots toe nie

Rugby
Andrew Poolman
Die paaie van twee Namibiërs met junior professionele rugbykontrakte by spogklubs in Frankryk was geskeduleer om laas naweek te kruis.

Die vaskopstut Herman Coetzee (links), wat onlangs by Racing 92 in Parys gekontrakteer is, het egter die vorige naweek ’n ligte besering opgedoen wat hom vir sowat een week op die kantlyn behoort te hou.

Die agtsteman en slot Riaan Grové (regs) was wel in Aurillac se beginspan wat in die Franse elite junior liga (’n gemengde o.21 en o.23-liga) meeding en Saterdag teen hul eweknie van Racing 92 met 12-23 verloor het.

Coetzee, wat laas jaar matriek in Windhoek Gimnasium was, was vanjaar ’n lid van Namibië se onder 20-span wat in Kenia meegeding het, terwyl ’n dyspierskeur vir sy Franse klub vir Grové uitgeskakel het wat ook nog in sy tweede jaar as o.20-speler sou kon kwalifiseer.

Grové, wat steeds op die terugkeerpad na volle fiksheid is, het onlangs twee opwarmwedstryde gespeel waarin hy ook sy eerste drie vanjaar gedruk het.

Teen Racing 92 het Grové sowat 30 minute gespeel voordat hy ’n harde stamp op die bobeen gekry het en afgehaal is.

Sowat 20 spanne ding in twee groepe van tien elk in die Franse ontluikende elite liga mee.

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!