Risa maak weer merk in Comrades
Padwedlope
Die 34-jarige ma van een was gister algeheel 42ste in die vrouewedloop.
Risa Dreyer se twyfel en kommer vooraf oor haar fiksheid ná ’n stresfraktuur het gister nie verhinder dat die brawe Windhoeker die Comrades-ultramarathon (87.7 km) vanaf Pietermaritzburg na Durban in die vinnigste tyd van haar loopbaan voltooi nie.
Dreyer (nou Burger) het die afsnytyd vir ’n silwermedalje (7 ure 30 minute) oortuigend met 7:19:59 geklop. In verlede jaar se virtuele weergawe het sy ook dié spertyd met ’n heelwat kleiner verskil oortref.
Die 34-jarige ma van een was boonop algeheel 42ste in die vrouewedloop.
Dreyer was opnuut die vinnigste van die Namibiese voltooiers van die ultra-uitdaging – net soos in 2016, 2017 en 2018,
Sy het ook een van die haastigste eindtye deur enige Namibiër (man of vrou) sedert onafhanklikwording opgestel, benewens Johannes Gawaxamab (algeheel 75ste in 1997 in 6:20:18), André Bester se 7:04:46 in 1993 en Frank Fielding se 7:07:36 in 1994.
Volgens die webblad results.finishtime.co.za het plaaslike mansatlete soos Ben Jooste, wyle Gerry Lynch (1975, 7:13:00), Willem Jacobs (1986, 6:55:56) en Reginald Lionel Mouton (1987, 6:59:17 en 1986, 6:53:35) jare gelede haastige tye opgestel, maar nog geen vrou afgesien van Dreyer het die silwermedalje-perk oortref nie.
Swakop Striders se André Ross het gister opnuut die afstand in ’n puik 7:24:30 afgelê vir sy eerste silwermedalje sedert drie dekades gelede (1992 se 7:12:45).
Windhoek Harriers se 66-jarige Achim Herma is ook een van die oudste voltooiers (sy 17de keer) ná 11 ure 41 minute 33 sekondes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie