Robertson sal All Blacks ná WB oorneem
Rugby
Scott Robertson sal ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi vir Ian Foster as hoofafrigter van die All Blacks vervang.
Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) het Dinsdag aangekondig dat hy die suksesvolle Crusaders-breier se dienste bekom het.
Robertson se kontrak van vier jaar duur tot aan die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2027 in Australië.
“Dis ’n eer om as die volgende afrigter van die All Blacks aangewys te word,” sê Robertson.
“Dis ’n taak wat met reuse-verantwoordelikheid gepaard gaan, maar ek is opgewonde oor die geleentheid om ’n bydrae tot die nalatenskap van die swart trui te lewer.
“Om jou land te verteenwoordig, as afrigter of speler, is die grootste eer in sport en ek is nederig oor daardie geleentheid. Ek kan nie wag nie.”
Die 48-jarige Robertson, wat onder aanhangers as “Razor” bekend staan, was een van die gunstelinge om Steve Hansen te vervang nadat laasgenoemde ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi in 2019 as hoofafrigter uitgetree het. Die NZR het Foster destyds bo Robertson in die rol verkies, maar die Crusaders-breier se sukses in die Superrugbyreeks het gesorg dat hy altyd deel was van die gesprek oor kandidate in die toekoms.
Die voormalige losvoorspeler, wat 23 toetse vir die All Blacks gespeel het, het sedert hy die leisels by die Crusaders in 2017 geneem het ses Superrugbytitels gewen. Hy is bekend vir sy briekdans-kaperjolle nadat hy ’n titel verower het.
Maar Robertson het ongeag sy reusesukses in Superrugby nooit vantevore ’n internasionale span afgerig nie en sy aanstelling is in teenstelling met Nieu-Seeland se gebruik om langdurende breiers in die All Black-binnekring soos Foster en Hansen te betrek.
Robertson, wie se voormalige voorspelerafrigter by die Crusaders, Jason Ryan, sedert verlede jaar saam met Foster by die All Blacks werk, sê hy het reeds oor sy hulpafrigters besluit.
Nieu-Seeland, op sy dag die mees gevreesde rugbyland ter wêreld, is in 2019 in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi in Japan uitgeboender en het sedertdien geleidelik op die wêreld afgesak.
“Jy het wat jy het, so jy moet seker maak jy vertoon van die begin af goed,” sê Robertson met verwysing na die groot groep staatmakers wat ná die skouspel in die Ooste uitgetree het en die groot name wat na verwagting ná vanjaar se toernooi die pad gaan vat.
“Maar ek is opgewonde vir al die jonger spelers, wat dit sal verg om hulle ’n All Black te maak en vir die taak gereed te maak.”
– Reuters, Netwerk24
KYK na die nuuskonferensie: https://youtu.be/74Uw6rajgD4

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie