Rooi Bulle kies Delron
Klubrugby
Die flank Cameron Langenhoven keer terug van ’n besering om FNB Kudus môre in die Hage Geingob-stadion teen Trustco United te lei, in die kusspan se strewe om vir die eerste keer in sy bestaan die eindstryd van die Namibië Rugby-unie se premierliga te haal.
Die ander twee kapteins wat afrigter Gawan Esterhuizen se Kudus vanjaar aangevoer het, Joshua Jacobs (môre as flank) en slot Tertius Arangies, sal ook beide op hul pos wees teen die Filistyne vir die hoofwedstryd.
United se afrigter Robbie Dickson moes plaasvervangers vir twee gevoelige beserings vind. Laas naweek het sowel die flank en kaptein Eloff du Plessis (enkelligamente) en die veelsydige agterspelers Reinold Benade weer op die krukkelys beland.
Die Filistyne word deur die senter JD Nel aangevoer. In hul regstreekse ontmoetings het Kudus op Walvisbaai gewen (39-21), maar in Windhoek was United baas (26-21).
Vir die ander halfeindstryd het FNB Rehoboth ’n handige aanwins op heelagter, naamlik sy heelagter Delron Brandt, wie se vernuf in groot wedstryde vir Unam welbekend is. Saam met Henrique Olivier op losskakel is hulle dus toegerus om die besluite tussen skop of hardloop te bestuur.
Afrigter Gerald Loubser se Rooi Bulle sal hoop om die geheim te ontsluit vir ’n skokoorwinning teen FNB Wanderers, die titelhouer wat vanjaar net een keer (deur Kudus) geklop is. By Wanderers het die twee gelykop gespeel (25-25).
• Al die halfeindstryde (vanaf 10:00) op die Stadion word môreoggend regstreeks op NTV uitgesaai, naamlik die vroueliga, reserweliga en premierliga

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie