Rooi Bulle klop buurklub
Klubrugby
Dit was Saterdag ’n miernes van toeskouers by die rugbyveld van die Hoërskool Dr. Lemmer toe die gasheerklub FNB Reho Falcon die gewilde Flip en Anna Isaacs rugbydag aangebied het.
Die goeie organisering en kameraadskap tussen spelers, beamptes en ondersteuners van Reho Falcon en FNB Rehoboth rugbyklub het behoorlik beïndruk.
Inderdaad was dit ’n hoogs geslaagde rugbydag wat families saam geniet het. Die vriendskaplike geleentheid het vir beide die buurklubs as voorseisoense opwarming gedien vir die Namibië Rugby-unie se premierliga wat op 15 April afskop.
Vanjaar se wenner van die gesogte Flip en Anna Isaacs wisseltrofee is Rehoboth rugbyklub, wat met 33-19 teen Falcon geseëvier het in ’n stryd soos min waar die manne mekaar goed vasgevat het.
Die Rooi Bulle se driedrukkers was Nando Dentlinger, Jerome Schoeman, Dario Vries, Keanan Basson en Elmarco Beukes, met doelskoppe deur Casey Beukes (3) en Jeandre Loubser (1).
In die eindstryd vir die tweede spanne het Rehoboth ook die septer geswaai met ’n sege van 26-14 teen Falcon II.
Die rugbydag het ook goeie blootstelling gebied aan skolespanne op Rehoboth wat gewys het dat hulle met gereelde spel vanjaar tande kan wys vir die gevestigde groter skole.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie