Roots bewys 'n punt
Skolerugby, -netbal
Roots Gimnasium van Stampriet het laas Saterdag die Suide se naam hoog gehou by die Metropolitan Gravity Cup in Windhoek waar hul o.15-sewesrugbyspan die wentrofee opgeraap het.
Roots se o.15-afrigter, Jandré van Wyk, se manne is Saterdag as die kampioen in die finaal teen Windhoek Hoërskool bekroon toe hulle die eindstryd by Affiespark met 12-5 beklink het.
Adriaan Ludeke van Roots Gimnasium is as die mees waardevolle speler van die o.15-sewesfinaal aangewys.
In die o.17-netbalfinaal van die Metropolitan Gravity Cup teen Centaurus, het Roots met Leandri Snyman as afrigter ook naam gemaak deur die silwermedalje op te raap. Centaurus klop Roots Gimnasium met 15-8 om as kampioene bekroon te word.
Hoewel Roots Gim nie met dubbele goud in rugby en netbal kon wegstap nie, is Jana van Zyl van Roots as die mees waardevolle speler van die eindstryd aangewys.
Mnr. Johan Meyer, skoolhoof van Roots Gimnasium, het aan Republikein gesê: “Ons is ongelooflik trots op beide ons skool se netbal- en rugbyspan wat so goed by die 2023 Gravity Cup presteer het.
“Ek dink sport by Roots Gimnasium is baie gesond en die toekoms lyk baie blink. Die feit dat beide spanne nog baie jonk is, dink ek die mense daar buite moet weet Roots Gimnasium is oppad. Ons is baie beïndruk met die veggees wat die meisies en seuns getoon het en gewyer het om op te gee. Ons is ongelooflik trots op hulle.”
Die lede van die sewesrugbyspan was Jayden Beukes, Maldanado de Wee, Zirk Jansen, Mihescho Mouton, Harmanus Bergh, Gebardt Engelbrecht, Adriaan Ludeke, Zasha Steenkamp, Marcius de Waal, Damian Klein, Morren Sebata, Jadie Swartz.
Die silwermedaljewenners op die netbalbaan was Jana van Zyl, Niricia Neels, McKenzie Appolus, Anrieka de Waal, Lee-Ancka Loubser, Carla van der Westhuizen, Anja Blaauw, Thalita Pretorius.
BERGFIETSRY
Intussen is die FNB Skole bergfietsreeks se byeenkoms ook laas naweek by Roots Gimnasium by Stampriet aangebied – die tweede jaar dat Roots die kompetisie se gasheer was.
Bergfiets-uitslae
Seuns onder 18: 1 Prince Sibomana.
Meisies o.18: 1 Angela Kamati.
Seuns o.16: 1 Willie O’Kennedy.
Seuns o.14: 1 Shawn Morkel, 2 Arno Steenkamp, 3 Alro de Waal.
Seuns o.12: 1 Karl-Nikolai Lisse, 2 Zander Prinsloo.
Meisies o.12: 1 Qara Volschenk, 2 Angelina Gases, 3 Princess Tsuses.
Seuns o.10: 1 Arthur Simon, 2 Leonardo Kock, 3 Samuel Nel.
Meisies o.10: 1 Amelie Meyer.
Seuns o.8: 1 Jacques van Wyk, 2 Jurgens de Lange.
Meisies o.8: 1 Lhana Simon, 2 Leah du Plessis.
Seuns o.6: 1 Simeon Meyer.
Meisies o.6: 1 Lené Pelser, 2 Amalia Theron.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie