RSA wen Streek 5-varswatertoernooi
Hengel
Die jaarlikse internasionale Streek 5 varswater-oewerhengelkompetisies tussen Suid-Afrika en Namibië is onlangs by Hardapdam afgehandel.
Die Namibiese Federasie-vrouespan het tweede geëindig nadat die eerste twee toetsdae gelykop was, maar die vroue van SA het meer vis na die skaal gebring en het dus die twee dae gewen. Op die laaste dag het die Namibiese vroue agt punte teenoor SA se 12 gehad en dus tweede geëindig.
Xenia Vorster van SA het die individuele toernooi gewen, met Nicolette van der Westhuizen van Namibië tweede en Nicolene Mostert van SA in die derde plek.
Morné Prenn, die ontwikkelingsbeampte van die Namibiese Varswater Oewerhengelvereniging , sê:“As ons kyk na die vrouekompetisie was dit eintlik ’n eensydige storie waar die Protea-vroue van dag een af gedomineer het.
“Die RSA wen die laaste toetsdag 7-13 en beklink die reeks met 3-0. Ilonke Lawrence van SA is die algehele wenner, met Marita Momberg en Monique Venter van SA in tweede en derde plek. Petro van Zyl van Namibië was in die vierde plek.”
Die afdeling wat vir die meeste opwinding gesorg het, was vir seker die meestersklas. Met een toets elk begin die twee buurlande die derde dag met alle oë op hulle, maar dis die Protea meesters wat diep in hul ondervinding krap en op die ou einde teen die Namibiese Meesters die oorhand kry (18-12).
Dave Greenslade (RSA) was die individuele meesterswenner en sy landgenoot Johan Beukes in die tweede plek en Panna van Staden van Namibië derde.
Namibië se senior manspan het ’n tweede plek ingeneem, hoewel hulle die derde dag gewen het. Leon Diedericks het die beste van die Namibiërs gevaar en ’n derde plek gekry.
Oor die drie dae is 1 551 vis met ’n gesamentlike gewig van 1 459.67 kg gevang.
“Dit bring ons weer terug na die onwettige netvangste van vis wat steeds voortgaan. Gedurende die toernooi het oortreders steeds in die area van Mombakkies/Langstrand hul nette ingesit – nogal met die ministerie se boot,” sê Prenn.
“Ná soveel navrae kan hulle nie enige statistiek verskaf hoeveel vis met die nette uitgehaal is of die resultate van die sogenaamde ‘studies’ nie.
“Tans is ons sport in gedrang as die ministerie nie vinnig na die tafel toe kom nie."
“Soos dit nou gaan, sal Hardap dalk ’n volgende Swakoppoort wees wat al klaar ontoeganklik vir publiek is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie