Ruiters gee hul beste by Kapps
Skouspring
Tielman van Lill
Die 2022 Namibiese skouspringkampioenskap begin vanoggend agtuur by die Reitsportsentrun digby Kapps Farm oos van die hoofstad en duur tot Sondag voort.
Altesame 79 perde en hul ruiters vanaf beginner tot wêreldklas sal vir aanskoulike aksie in die onderskeie klasse sorg.
Môre se program (08:00-12:00 en 12:35-17:00) word regstreeks op NTV (DStv kanaal 285) en die Facebook-blad van Republikein vertoon.
Kampioenskappunte sal toegeken word in die klasse van een meter en hoër, met 23 ruiters wat vir die gesogte FNB-kampioen- en reserwe-kampioentitels sal meeding. Dié klasse behoort uitstekende kompetisie met gesoute ruiters soos die gewese wêreldtitelhouer Michelle Künzle, Kate Alison, Nicole Becker, Anja van der Merwe, Julia Aschenborn en Svenja Späth asook jonger deelnemers te bied.
Van dié ruiters is Alyssa Hopking, Carmen Piepmeyer en Taria Brits wat onlangs waardevolle ondervinding in Suid-Afrika opgedoen het. André Human, Bianca Woker, Aidan Kotze, Daniela Imhof, Shani Friede en Lexine Mills wat die afgelope jaar op verskeie plaaslike skoue uitgeblink het, is ook te sien.
In die junior klasse skop die kompetisie vir beginners af met hindernisse van 40 en 60 centimeter hoog, terwyl meer gesoute perd- en ruiterkombinasies op 70 tot 90 cm getoets word. Daar sal ook goeie kompetisie in die dressuur-arena wees wat van beginnervlak tot gevorderd wissel.
Hekke open vandag en môre om 07:00 en alle perdesport-entoesiaste word vriendelik verwelkom om die skouspelagtige kompetisie in goeie geselskap te geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie