Ryergroep se genotvolle drie dae
Bergfietsry
Die 3Passes bergfietstoer is vir die tiende keer van afgelope Vrydag tot Sondag aangebied.
Ryers, oud en jonk, het weer die geleentheid gehad om hulself te toets en afstande te probeer aflê wat nog altyd buite bereik was, asook om die uitdagende Spreetshoogtepas uit te ry.
Deelnemers was bevoorreg om weer op Namib Grens gasteplaas te bly waar die heel eerste toer in 2013 begin het. Die groep is bederf vir die drie dae wat hulle daar bestee het en is met warmte bedien.
Vrydag is ’n afstand van 61 km (of ’n gedeelte daarvan) aangedurf wat die 8 km lange Gamsbergpas (af en op) ingesluit het. Sterk wind was aan die orde van die dag en, buiten die uitdaging op hande, het elkeen die geleentheid aangegryp om ook die asemrowende natuurskoon te geniet, iets wat ’n mens vergeet of misloop wanneer jy in die stad vasgedruk is.
Saterdag was die groot uitdaging nie net die afstand van 145 km (of ’n gedeelte daarvan) nie, maar ook Remhoogtepas (af) en die 4 km lange Spreetshoogtepas (op) wat van begin tot einde met 450 meter bo seevlak verskil.
Saterdag was ’n absoluut perfekte dag met gunstige wind asook bewolkte weer. Met reëndruppels wat van tyd tot tyd geval het, kon elkeen weer asem skep en toelaat dat die gemoed weer gevul word.
Sondag is die geleentheid gebruik om, ná ’n lang Saterdag, as groep saam op Namib Grens Gasteplaas te gaan ry en die natuurskoon te geniet. Dis altyd ’n geleentheid om die siel skoon te kry en weer waardering te kry vir wat ons rondom ons het.
Die 3Passes is daar om, soos die Wintertoer, vir ryers die geleentheid te bied om uitdagings aan te pak en nie deur tyd teruggehou te word nie. Elkeen word aan die einde beloon vir wat hulle gedoen het ongeag uitslae.
“Ek probeer gesinne so ver kry om iets saam te doen. Tyd te maak vir hulself en weer perspektief te kry van waaroor die sport gaan. Dit gaan vir my nie net oor die fietsryer wat iets aandurf nie, maar ook oor die mense wat dikwels ure spandeer om ons te ondersteun,”sê die organiseerder, Johan Fourie.
“Hoewel die toer op die oomblik nie ’n titelborg het nie, bedank ek graag die volgende borge vir hul ongelooflike bydrae om vanjaar se toer moontlik te maak: Atlas Engineering Solutions (hoofborg), 2Beards Cofee Roasters, Superspar The Grove, Namib Grens Gasteplaas, Cal-C Vita, Rennies, Spice and Scale World, Chiwani Safari Camps en Pupkewitz Toyota.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie