Só vorder Namibië statisties
WB-rugby
Nadat 16 van die 20 spanne op die openingsnaweek van die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk in aksie was, is ’n lys van verskeie statistiese aanwysers gister deur Wêreldrugby vrygestel.
Sover dit Namibië se nederlaag met 8-52 teen Italië betref, is die treffende syfer dat die Welwitschias 42 duikslae verbrou het – die meeste van enige span se openingsrondte.
Hul slaagsyfer met duikslae (72%) is die swakste in die toernooi tot dusver en voorspel probleme indien hulle nie komende Vrydagaand teen Nieu-Seeland dramaties verbeter nie.
Die Namibiërs het wel nege keer balbesit afgeneem (tweede meeste), terwyl hulle self tien keer besit afgestaan het (die derde minste).
Johan Deysel se manne het dit ook reggekry om 58% van hul losskrums binne net 2 tot 5 sekondes terug te wen (die tweede meeste van enige span).
Skrumskakel Damian Stevens het altesame 61 balle uitgegee – meer as enige speler in die toernooi sover, hoewel hy ná 58 minute deur Jacques Theron vervang is.
Die akkuraatheid van 94% (nr. 1) van Namibië se 141 aangeë (sewende meeste) is ’n aanduider dat hulle wel balbesit kan gebruik – net soos die feit dat hulle met 77% van hul balbesit ’n “positiewe uitkoms” bewerkstellig het (derde beste in die toernooi sover).
Namibië het hom egter ook vasgeloop teen van Italië se leidende statistiek in die toernooi, insluitend die meeste lynstaanvangskote (10, Dino Lamb) en die beste stelskopsukses (Tommaso Allan, agt uit agt).
Niemand sover klop ook Italië se 92% geslaagde duikslae nie.
Namibië is een van tien spanne wat sover geen skrumbal verloor het nie (ses uit ses).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie