Sages-titel vir Maartens
Gholf
Die nasionale Sages-gholfkampioenskap, in sy 25ste bestaansjaar, is onlangs op Gobabis afgehandel. ’n Rekordgetal van ’n stewige 78 spelers het in die stableford-formaat deelgeneem aan die kampioenskap, wat deur Uranium One geborg is.
Uranium One, wat na vore getree het nadat die toernooi se vorige borg onttrek het, se adjunkdirekteur vir strategiese kommunikasie, Riaan van Rooyen, het gesê die maatskappy is baie tevrede met die goeie ondersteuning van die spelers.
“Met borgskappe en gemeenskapswerk soos dié wil Uranium One wys dat hy gereed is om sy plek in die Namibiese ekonomie in te neem,” het Van Rooyen gesê.
Johny Lewis, wat reeds vir 26 jaar die voorsitter van Gobabis-gholfklub is, het sy spesiale waardering uitgespreek, omdat Gobabis nie dieselfde geleenthede as die groter gholfklubs en dorpe in die land kry nie. “Uranium One sal ook die titelborg wees vir die Ooste Ope-kampioenskap in September (’n NAGU-merietelystoernooi).
Die topdrie in die nasionale Sages-kampioenskap: 1 Koos Maartens (75 punte), 2 Francois Binneman (73), 3 Willie van Zyl (71).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie