Sal BA oorleef as NPL-gordyn sak?
Sokker
Ondersteuners van Black Africa-sokkerklub steier onder die vooruitsig dat die verdedigende titelhouer op die punt staan om vir die eerste keer in sy bestaan uit die Debmarine Namibiese Premierliga gerelegeer te word.
Die eens trotse klub wat in 1985 ontstaan het en sedertdien tien keer die nasionale kampioenklub was, se gelykopuitslag met 1-1 die afgelope naweek teen die Rundu-klub Julinho Sporting het sy lot verseël om saam met Citizens en Eleven Arrows na die eersteliga (suidelike stroom) af te skuif.
Op die amptelike puntelys het die NPL-administrateurs nog nie die verwagte drie punte aan die einste Julinho Sporting toegeken vir die wedstryd op Rundu waarvoor Citizens nie opgedaag het nie.
Die mees geharde ondersteuners van Black Africa, insluitend die voormalige nasionale speler Sylvester (Lolo) Goraseb, het die afgelope dae op sosiale media alles in die stryd gewerp om twyfel te plant dat Black Africa gerelegeer gaan word.
Selfs die afrigterskap van die gesoute Brian Isaacs, wat die span tussen 2010 en 2014 tot vier opeenvolgende NPL-titels gelei het, was nie genoeg om die onervare groep Lively Lions-spelers kompeterende te maak nie.
Een BA-ondersteuner, Shaun Gariseb, beskryf die ervaring as pynlik en baie moeilik om te verwerk.
“Daar sal ’n groot leemte in die volgende seisoen wees aangesien BA gerelegeer is. Ons het nog nooit so ’n swak seisoen gehad soos die een wat komende naweek tot ’n einde kom nie.
“Groot spanne met ’n soortgelyke geskiedenis herstel nie van relegasie nie. Kyk na Desert Rollers, wat nooit weer teruggekeer na die topliga nie, of Chief Santos.
“Wat seermaak, is dat mense in die klub se leierskap, soos BA se uitvoerende lid Lolo Goraseb, dink hierdie situasie is ’n grap. As ek in sy skoene was, sou ek ’n dringende vergadering belê het om introspeksie te doen en om die lojale ondersteuners om verskoning te vra. Hy is veronderstel om die aanhangers van die klub te respekteer. Ons blameer hom nie vir die klub se relegasie nie, maar hy maak ’n bespotting van die klub met sy opmerkings op sosiale media. Hy stook die ondersteuners op met valse inligting en bring die spel in oneer.”
BA se laaste wedstryd vir die seisoen is Saterdag in die Legarestadion op Gobabis teen Young African (16:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie