• Tuisblad
  • Sport
  • Samoa kies drie All Blacks en ’n Wallaby vir WB-oefengroep
Die voormalige All Black-stut Charlie Faumuina is in Samoa se oefengroep vir die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk ingesluit. Foto Getty Images
Die voormalige All Black-stut Charlie Faumuina is in Samoa se oefengroep vir die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk ingesluit. Foto Getty Images

Samoa kies drie All Blacks en ’n Wallaby vir WB-oefengroep

Rugby
Drie All Blacks en een Wallaby kan vanjaar vir Samoa in die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk in aksie wees.

Charlie Faumuina, Steven Luatua, Lima Sopoaga en Christian Leali’ifano is Sondag in Samoa se oefengroep vir dié skouspel ingesluit.

Al vier spelers is veterane, wat steeds goeie rugby speel.

Faumuina (36) is ’n vaskopstut wat tussen 2012 en 2017 50 keer vir die All Blacks in aksie was en was ook in die span wat die Wêreldbeker in 2015 gewen het.

Sopoaga (32), ’n veelsydige agterspeler, het 18 keer vir die All Blacks gespeel en Luatua (32), losvoorspeler en slot, 15 keer.

Die 35-jarige Leali’ifano het die laaste van sy 26 toetse vir die Wallabies in 2019 gespeel. Hy kan op losskakel, binnesenter of heelagter gebruik word.

Samoa kon dié gesoute spelers kies danksy ’n wysiging in Wêreldrugby se regulasies, wat spelers nou in staat stel om vir ’n tweede nasie toetsrugby te speel.

Die kriteria is dat minstens drie jaar moes verstryk het sedert ’n speler se laaste toets vir sy vorige nasie en dat hy, ’n ouer of grootouer in die nuwe land gebore moes gewees het.

Een van die beweegredes vir dié regulasie was om die Suidsee-Eilandnasies – Samoa, Tonga en Fidji – vir die WB-toernooi te versterk.

Tonga het ook dié reëlwysiging deeglik benut en reeds etlike oud-All Blacks en -Wallabies deel van sy oefengroep vir die WB-toernooi gemaak.

Onder hulle tel bekende spelers soos Israel Folau, Adam Coleman (albei gewese Wallabies) en die oud-All Black-senter Malakai Fekitoa.

Samoa is saam met Engeland, Argentinië, Japan en Chili in Groep D vir die WB-toernooi ingedeel.

Die span sal voor die toernooi opwarmingswedstryde teen Ierland, Fidji, Japan en Tonga speel.

– WalesOnline; Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!