Schreuder hou sy naam hoog in Ierland
Gholf
Xavier Schreuder van Tsumeb het in ’n respektabele 21ste posisie klaargemaak by die wêreldkampioenskap vir o.19-gholfspelers wat gister in Ierland ten einde geloop het.
Die driedaagse Kampioen van Kampioene-toernooi het Dinsdag begin, met Kamil Bensouda van Marokko wat gister die titel ingepalm het.
In die toernooi oor 54 putjies het Schreuder rondtes van 79, 85 en 80 houe aangeteken, met sy totaal van 244 wat 30 oor baansyfer was.
Die Namibiër het laat weet: “Besondere dank aan elkeen in Namibië vir die oproepe of boodskappe van ondersteuning wat my deur die drie dae gedra het. Ek waardeer ook my ouers en borge wat my deelname in die toernooi moontlik gemaak het.
“Die drie dae was ’n goeie leerskool. Ek voel goed oor my tellings, want ek hanteer my eie afrigting en het geen persoonlike afrigter nie. Dit was goeie ondervinding op ’n puik gholfbaan. Dit was koud en nat, maar die belangrikste is dat dit soveel pret was.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie