Seer enkel kan Connor uit wenspan haal
Tennis
Die Davisbeker-avonture van die Namibiese manstennisspan lewer steeds geen vervelige oomblik nie, met gister se naelskraapse oorwinning teen Senegal opnuut ’n spanningsvolle heen-en-weer in die stryd om elke punt.
Ná hul briljante openingsoorwinning Woensdag met 2-1 teen die groep B-gunsteling, Zimbabwe, moes Connor en Codie van Schalkwyk weer diep delf om met 2-1 teen ’n vasberade Senegal te oorleef.
So diep, om die waarheid te sê, dat jongboet Connor agterna dadelik hospitaal toe geneem moes word om die erns van ’n enkelbesering te bepaal waarteen die 18-jarige tydens die hoogs mededingende dubbelspelwedstryd vasgebyt het.
Spankaptein Gerrie Dippenaar was redelik bekommerd oor die besering en die jong ster se vooruitsigte om voort te speel in die toernooi, wat vandag hervat en môre eindig.
Connor het gister weggespring deur die eerste stel teen Yannick Languina met 6-1 binne net 21 minute te wen en ses kishoue sonder antwoord te slaan. Languina het toe met ’n besering uitgetree en Namibië die voorsprong met een-nul besorg.
Codie het teen ’n harde slaner, Andre Seydina, te staan gekom en daarin geslaag om die voortou met 7-6 te neem. Seydina het egter gelykop gemaak (7-5) en ’n derde stel afgedwing wat die Senegalees ook met 6-3 gewen het.
In die beslissende dubbelspel het die Senegal-kombinasie van Seydina en Hassimiyou Dieng daarin geslaag om Namibië teen 10 kishoue elk te ewenaar, hoewel Namibië die voordeel gehad het met net drie dubbelfoute teenoor Senegal se 12.
Die Van Schalkwyk-broers het die eerste stel met 6-2 gewen, maar die volgende met 3-6 afgestaan. Die derde stel was op 5-5 gelykop, voordat die Namibiërs deurgebreek het vir ’n dramatiese uitslag van 7-5 om die wedstryd te wen.
Indien die Namibiërs Benin vandag klop, sal hul uitspeel Saterdag vir die finale posisie in die agtspan-toernooi waarskynlik teen die gasheer en gunsteling Suid-Afrika wees. Ná twee wedstryde elk in groep A is Suid-Afrika en Togo die onoorwonne spanne teen Ivoorkus en Algerië.
Indien Connor weens sy enkelbesering uitgeskakel word, kan Dippenaar op die knoppie van enige van die drietal Daniel Jauss, Nguvi Hinda of Steyn Dippenaar druk.
Die topdrie uit vandeesweek se agt Afrika-spanne word bevorder om in Wêreldgroep Twee te speel – die beloning wat verlede jaar deur Marokko, Ivoorkus en Zimbabwe ingepalm is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie