Seges in België teen Europeërs ingeryg
Inlynskaatshokkie
Die SPAR Namibiese nasionale inlynskaatshokkiespanne het gemengde welslae in België by die Europese kampioenskap behaal, maar die seges wat die Namibiërs bewerkstellig het, was inderdaad indrukwekkend teen gerekende teenstand.
Hoewel die SPAR o.17-seuns en junior vroue se kompetisie nog nie afgeskop het nie, het die senior vroue asook junior manspanne van die Namibiese Ys- en Inlynskaatshokkievereniging (NIIHA) sedert Vrydag in Charleroi met tye uitmuntend gevaar.
Die junior mans het teen Frankry met 6-5 verloor, maar hierna het hulle Finland (7-3), Brittanje (9-6) behaal en Slowakye met 7-4 oorrompel. Ongelukkig verloor hulle ook met 1-5 teen Italië.
Die senior vroue is met 1-9 deur Spanje geklop, maar was baie bedrewe met oorwinnings teen Finland (9-5) en Brittanje (16-1). Gister in die kwarteindronde het hulle België (9-2) oorskadu om tot die semifinaal teen Frankryk deur te dring. Spanje en Italië speel in die ander halfeindstryd.
Doelskieters sover vir die senior vrouespan was Leighzené Coetzee (9), Christine Röttcher (8), Maike Dedig (5), Ania Borstlap (4), Arlene Odendaal (3), Ieesha Hilukiluah (2), Laura Weimann (2), Lomarie Fourie en Fana Metz (een elk).
Doele vir junior mans is sover deur Keanan Simpson (6), James de Jager (6), Mati Laporte (5), JW Coetzee (5), Theo Borstlap (3), Sean-Oliver Kirchner (2), Nikolas Kock en Vahid Diehl aangeteken.
Die o.17-seuns en junior vroue se kompetisie begin eers Woensdag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie