Seidler voor by Oanob; tiener wen vroueresies
Oopwaterswem
Die Olimpiese swemmer Phillip Seidler het ondanks sy “uittrede” op die internasionale vlak gewys hy is steeds ’n sterk faktor, toe hy Saterdag die Pointbreak oopwaterswembyeenkoms by Oanobdam se hoofitem (5 kilometer) in minder as ’n uur voltooi het.
Die 23-jarige Swakopmunder wat ’n ongehoorde 16de posisie by die 2021 Olimpiese Spele in Tokio behaal het, was Saterdag as die heersende titelhouer deurgaans aan die voorpunt op pad na sy wentyd van 59 minute 03 sekondes.
Die 15-jarige Oliver Durand was tweede in ’n vegtende 1 uur 08 minute 47 sekondes wat hom voor die derde geplaaste Arkell Wellmann (1:11:19) gehou het.
Die 5 km vroueresies was kop-aan-kop tussen die voorste drie, voordat die belowende 16-jarige Brynne Kinnaird (1:16:39) op spannende wyse die gesogte titel voor Jessica Humphrey (1:16:54) en Molley Smalley (1:16:56) weggeraap het.
GISTER se voorste uitslae oor die korter afstande:
• 2.1 km mans (algeheel): 1 Phillip Seidler, 2 Oliver Durand, 3 Nico Esslinger.
• 2.1 km vroue: 1 Maja Brinkmann, 2 Brynne Kinnaird, 3 Lisa Engelhard.
• 700 meter mans: 1 Fourie Steyn, Ruizhe Zhou, 3 Ryan Steyn.
• 700 meter vroue: 1 Nicole Redecker, 2 Imme Hucke-McFarlane, 3 Kayleigh Drotsky.
Yvonne Brinkmann van OTB Sport as hooforganiseerder sê: “Dit was ’n uitstekende kompetisie tussen swemmers in die jonger ouderdomsgroepe en die ou legendes.
“In vanjaar se Pointbreak-byeenkoms is ’n kategorie vir grootmeesters bygevoeg vanweë die toenemende getal aktiewe swemmers van 60 jaar en ouer.
“Die deelname van die paralimpiese swemmers Jerome Rooi en Caitlin Jane Botha, beide in die 2.1 kilometer, was ook ’n pluspunt.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie