No Image Caption

Sestal korrel by wêreldkampioenskap

Die Namibiese Geweerskietvereniging (NRA) het die name van ses skuts aangekondig wat Namibië by die 2023 F-klas wêreldkampioenskap vanaf Sondag 26 Maart tot Saterdag 1 April by die Generaal De Wet-skietbaan in Bloemfontein sal verteenwoordig. Die NRA sê dié skuts verdien hul insluiting en het oor ’n tydperk hul toewyding en verbetering tydens hul voorbereiding bewys. Die beheerliggaam bedank ook graag die borge wat ruimhartig bygedra het tot die bywoning in Bloemfontein en die bevordering van die sport. Die borge is, in geen spesifieke volgorde nie: AGA Technical Services, Forklift & Allied Equipment, Smit Joineries, Amalgamated Group of Companies, Logo Embroidery, Impact Web Studio, YouTrack Fleet Management, Caltex – Riviera Motors Kimberley, Safari Den, A. Rosenthal Guns & Ammunition, Sangwali Hunting & Tours en Agrimark. Agter staan Llewellyn Tordiffe (nie-Namibiër) en Deon Jordaan. Voor is Wiann Mans, Pieter Malan, Wessel Honiball en Willem Horn. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!