Shaliaxwe en Amutoko wen virtuele wedloop
Marathonne
Jeremia Shaliaxwe het Sondag sy Rössing-marathontitel in die ope-afdeling suksesvol met ’n tyd van 2 ure 24 minute verdedig, terwyl Anna Amutoko die vroue-afdeling in 2:43:19 gewen het.
Shaliaxwe se wentyd was ietwat stadiger as toe hy in Junie verlede jaar geskiedenis gemaak het deur die eerste virtuele Rössing-marathon op ’n bultagtige roete deur Windhoek in twee ure 19 minute 59 sekondes te wen.
Met Amutoko se oorwinning het sy Alina Armas-Namupala se string van ses opeenvolgende seges in die vrouewedloop kortgeknip.
Albei die wenners sal benewens die N$20 000 kontantprysgeld ’n N$20 000-ontwikkelingsbonus ontvang.
Sondag se geleentheid is onder die tema “Live to Run and Run to Live” gehou. Dit was die tweede virtuele marathon wat deur Rössing Uranium aangebied is.
Me. Daylight Ekandjo, Rössing Uranium se korporatiewe kommunikasiebestuur, het elke deelnemer gelukgewens.
“Baie geluk aan die atlete. ’n Virtuele marathon is uitdagend omdat hardlopers almal op hul eie is, met geen waterpunte en geen beamptes nie en elkeen hardloop op verskillende padoppervlaktes.
“Rössing bly daartoe verbind om voort te gaan om die marathon aan te bied in die beste formaat wat belanghebbendes sal bevoordeel en is hoopvol dat omstandighede in 2023 ons sal toelaat om ’n fisiese byeenkoms aan te bied,” het sy gesê.
Die voorste uitslae in elke kategorie:
MARATHON, MANS
Ope: 1 Jeremia Shaliaxwe 2:24:00, 2 Erastus Pinehas 3:10:55, 3 Gerald Tjiyaya 3:11.
Veterane: 1 Simon Shipingana 2:35:31, 2 Paulus Vilho 2:35:59, 3 Absalom Namweya 3:10:23.
Meesters: 1 Kristof Ndunga 2:25:37, 2 Werner Bachmann 4:05:16, 3 Chigariro Oliver 4:38:12.
Grootmeesters: 1 Achim Herma 4:50:45.
MARATHON, VROUE
Ope: 1 Anna Amutoko 2:43:19, 2 Alina Armas 2:56:15, 3 Nadine van Niekerk 3:54:27.
Veterane: 1 Lynn Hartung 4:02:09, 2 Sonja Oates 4:29:52, 3 Ndiitah Nghipondoka-Robiati 4:44:30.
Meesters: 1 Emilia Nambahu 4:13:06, 2 Nonnie Tjitemisa 4:15:54, 3 Susan Kintscher 4:29:28.
21 KILOMETER MANS
Ope: 1 Petrus Shigwedha 1:10:54, 2 Albertus Goeieman 1:12:39, 3 Petrus Hango 1:18:43.
Veterane: 1 David Salomo 1:17:22, 2 Frans Hosea 1:18:38, 3 Harold Akwenye 1:34:53.
Meesters: 1 Roelf Diergaardt 1:51:52, 2 Gabriel Braz 1:53:06, 3 Brian Kahatjipara 1:56:33.
Juniors: 1 Alfeus Haingura 2:10.
21 KILOMETER VROUE
Ope: 1 Ndahambelela Shelikita 1:30, 2 Mwetuvaya Nghiiki 1:45:06, 3 Eclah Kruger 1:54:22.
Veterane: 1 Helena Iipinge 1:40:27, 2 Ndemufayo Angula 1:49:16, 3 Susana Campbell 1:57:14.
Meesters: 1 Shani Erlank-Scholtz 1:55:42, 2 Annemarie Etsebeth 2:16, 3 Martinette van Niekerk 2:16:40.
Grootmeesters: 1 Juliana Blaauw 2:15:30, 2 Marita van Der Merwe 2:25:50, 3 Susan Gordon 2:50:40.
Juniors: 1 Josslyn Beukes 3:48:07.
10 KILOMETER MANS
Ope: 1 Arno Angula 34:28, 2 Megameno Mateus 36:56, 3 Geson Koper 38:02.00.
Veterane: 1 Tobias Shipopoyeni 42:30, 2 Gideon Shigwedha 46:34, 3 Jefta Kangumba 49:18.
Meesters: 1 Mathias Mutota 40:12, 2 Gebhardt Endjala 45:11, 3 Theo Hoeksema 1:01:03.
Grootmeesters: 1 Hendrik Fourie 1:19:34.
Juniors: 1 Ethan Snyders 39:17, 2 Nathan Snyders 48:22, 3 Maurizio January 48:27.
10 KILOMETER VROUE
Ope: 1 Winnie Mukupuki 49:00, 2 Nande Katshuna 49:39, 3 Taimi Nashima 51:29.
Veterane: 1 Taimmy Emuno 43:18, 2 Ottilie Aimwata 46:27, 3 Sophy Partenbach-Fick 55:57.
Meesters: 1 Cecilia Lotsch 1:00:24, 2 Naomi Milne 1:02:52, 3 Analia Lombard 1:03:26.
Grootmeesters: 1 Antonette Fourie 1:02:44, 2 Barbara Beck 1:12:01, 3 Essie Herbst 1:13:05.
Juniors: 1 Alvida Iipumbu 50:01, 2 Kaedi Schrader 1:08:29, 3 Faizah Nangolo 1:26:17.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie