Shivolo, Dam en Gowaseb blinkste mylatlete

Padwedlope
Tielman Van Lill
Die tiende jaarlikse weergawe van die Erongo Powersave Omaruru-straatmyl was Saterdag nog ’n mylpaal met 1 402 deelnemers van oraloor Namibië in verskeie ouderdomskategorieë.

Martha Shivolo het die elite vrouewedloop in 4 minute 55.6 sekondes voor Alina Armas (tweede in 4:58.4) weggeraap en Beata Jeremia was derde in 4:59.6.

Die elite manswenner was David Dam (4:15.2), voor Tomas Rainhold (4:16.4) en Wilhelm Hangula (4:16.8).

Roodley Gowaseb het in die rolstoelkategorie die vorige rekord (4 minute 58.2 sekondes) verpletter met ’n nuwe byeenkomsrekord van 03:17.1. Sy spanmaat Nico Kharuxab was tweede in 04:13.4.

Bethold Karumendu, die wedrendirekteur, sê: “Ek was in my noppies met soveel jong talent wat in goeie getalle hier opgedaag het. Die gehalte van die wedren het die afgelope tien jaar geweldig verbeter en gegroei.

“Om vanjaar ons elite Namibiese atlete hier te kon hê wat pas aan die Wêreld-atletiekkampioenskap in Boedapest deelgeneem het, is wonderlik. Alina Armas in die vrouewedloop en Tomas Rainhold in die manswedloop se inskrywing.

“David Dam, die 800- en 1 500 meter-talent wat ook as junior atleet aan die Omaruru-myl deelgeneem het, het sy spoed en gehalte as senior atleet gewys saam met elite marathon-hardlopers oor die mylafstand.

“Vir die eerste keer het ons die rolstoelwedren bekendgestel waar drie mans in die T53- en T54-kategorie laat wiel het. Dit was ’n reuse-sukses en het baie opwinding gelewer.

“’n Byeenkoms van dié gehalte word moontlik gemaak deur die borge wat ons ondersteun vandat ons in 2013 met die eerste kompetisie in Omaruru begin het.

“Hiermee erken en waardeer ek die steun van my borge Shield Namibia/Erongo PowerSave Wholesale, FNB Omaruru, Coca-Cola Namibië, die ministerie van sport, jeug en nasionale diens vir die vervoer van atlete na Oamruru. Al is hulle nie amptelike borge nie, dankie ook aan Omaruru Spar, Namibiese polisie, die verkeersafdeling, die Omaruru distrikshospitaal asook Omaruru munisipaliteit vir hul bystand.”

ANDER KATEGORIEË

Junior vroue (nuwe rekord 5:06.1): 1 Nyanyukweni Frans (5:06.1), 2 Sara Shikongo (5:09.2), 3 Matilde Antoa (5:21.1).

Junior mans (rekord 4:26.8): 1 Chiko Pawo (4:30.4), 2 Penopitho Shikongo (4:34.8), 3 Maveipi Kariko (4:36.9).

Rolstoelresies: 1 Roodley Gowaseb (3:17.1), 2 Nico Kharuxab (4:13.4), 3 Gabriel Nishiliwa (5:08.3).

Laerskoolmeisies (nuwe rekord 5:34.5): 1 Maria Iita (5:34.5), 2 Helvi Kambidhi (5:39.5), 3 Sarafina Nakale (5:51.7).

Laerskoolseuns (rekord 5:02.9): 1 Samuka Haringa (5:10.2), 2 Mbitjita Kahuure (5:15.6), 3 Herman Traven (5:20.2).

Veteraanvroue (nuwe rekord 5:29.1): 1 Beata Naigambo (5:29.1), 2 Anna Amukoto (5:55.5), 3 Benita Kauvi (6:59.4).

Veteraanmans (rekord 4:32.0): 1 Mathew Kadhingula (4:44.8), 2 Oscar Komeya (4:45.6), 3 Paulus Iiyambo (4:50.90).

Meestersvroue (nuwe rekord 6:52.7): 1 Sieglinde Gontes (6:52.7), 2 Emilia Nambahu (7:25.4), 3 Chritofine Moses (11:16.3).

Meestersmans (nuwe rekord 4:37.6): 1 Christof Ndunga (4:37.6), 2 Matias Mutota (5:26.2), 3 Frans Sindimba (5:29.8).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!