Simonis Storm na seges
Fietsry
Simonis Storm (aangevuur deur Hollard) se mans- en vroue het Sondag die Nedbank Windhoek Pedal Power-padfietsreeks se spantydtoets in die omgewing van Brakwater oorheers.
Sewe-en-twintig vroue en 40 mansfietsryers het aan die vierde byeenkoms van die reeks deelgeneem. Volgens die spanformaat word elke span se derde ryer oor die eindstreep se tyd aangeteken.
Drikus Coetzee, Ingram Cuff, Gerhard Mans, Horst Neumann en Clinton Hilfiker van Simonis Storm (in 40 minute 24 sekondes) het die 33 kilometer-snelren voor Cymot A opgeraap wat die tweede plek met 43:34 ingeneem het.
Die Cymot A-span was Kai Pritzen, Christian Janse van Rensburg, Hardus Nel, Gino Chiappini en Pierre Knoetze.
Food Lovers Market (derde in 45:06) is deur Konrad Marais, Vernon Maresch, Des Doman, Marcel Surén en George Thiele verteenwoordig.
Simonis Storm se vrouespan (48 minute 56 sekondes) met Anri Krugel, Benita Windisch, Lelani Swart, Anneke Steenkamp en Maike Bochert in die saal het die resies teen Irene Steyn, Risa Dreyer, Silke Bean, Marion Schonecke en Belinda van Rhyn van Mannie’s Bike Mecca (50:35) beklink.
Mannie’s Sports Lab was derde in 50:48, danksy die spanwerk van Genevieve Weber, Nicole Spangenberg, Monique Taylor en Marcelle Elloff.
Selma Kaulinge, kommunikasiebestuurder van Nedbank, sê: “Ons nader die einde van nog ’n suksesvolle seisoen in die spantydtoetsreeks. Soveel het gebeur vandat ons die seisoen op ’n hoë noot by die Dordabispad afgesit het. Ons is opgewonde om te sien hoe die kompetisie gaan eindig.
“Die volgende rondte is komende Sondag by Teufelsschlucht en ons doen ’n beroep op fietsryers om dit nie mis te loop nie.
“Nedbank is reeds meer as 35 jaar ’n trotse bydraer tot die ontwikkeling van fietsry in die land. Dit strook met Nedbank se oogmerk om nie net met geldsake kundig te wees nie, maar om ook ’n gesonde leefstyl by mense aan te moedig.”
WêRELDKAMPIOENSKAP
By die UCI-wêreldkampioenskap in Glasgow, Skotland, het die bergfietsryer Alex Miller Saterdag opnuut ’n vegtende vertoning in die Olimpiese veldresies gelewer.
Met sy ongunstige wegspringposisie was die algemene verwagting dat hy alle moontlike kragte sou moes inspan bloot om nie uit die resies onttrek te word sodra hy op die betreklike kort baan meer as sewe minute agter die voorloper raak nie.
Miller is nog in sy eerste jaar as ’n elite ryer en het ook nie dié seisoen aan genoeg resiese in Europa deelgeneem om betekenisvolle ranglyspunte in te samel nie.
Voortydige onttrekking is ook juis wat die vorige dag met Hugo Hahn in die o.23-mansresies gebeur het.
Miller se 66ste posisie was steeds in die geselskap van dosyne nasionale kampioene, nadat 96 ryers weggespring het.
Die wenners was almal legendes in die sport – goud aan die Olimpiese kampioen Thomas Pidcock (Engeland), silwer aan Samuel Gaze (Nieu-Seeland, Statebondkampioen) en brons aan Nino Schurter van Switserland.
Miller was verlede week 30ste in die marathon-bergfietsresies.
• Melissa Hinz en die 20-jarige Monique du Plessis was Sondag die eerste Namibiese vroue in jare wat by die wêreldkampioenskap aan die padfietsresies deelgeneem het. Hoewel beide voortydig onttrek is, was die internasionale blootstelling van groot waarde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie