Die nasionale kampioen Drikus Coetzee was loshande die eerste individuele ryer oor die eindstreep. Foto verskaf
Die nasionale kampioen Drikus Coetzee was loshande die eerste individuele ryer oor die eindstreep. Foto verskaf

Simonis Storm puik op dreef

Padfietsry
Binne skaars een sekonde het 12 vroue aan die voorpunt van 'n kompeterende resies oor die eindstreep geseil.
Tielman Van Lill
Die vyfde ronde van die Nedbank Windhoek Pedal Power-padfietsresiesreeks is Sondag opnuut deur Simonis Storm (aangedryf deur Hollard) se manspan gewen, terwyl Mannie’s Sports Lab se vrouespan oorheers het.

In die tweede plek by die mans was Cymot A, gevolg deur die besoekende Team Angola (Jair Transporte) met NCCS/Cymot, Cymot B en Mannie’s Bike Mecca gesamentlik vierde.

In die vroue-afdeling eindig Food Lovers Market tweede, Cymot Orange derde en Simonis Storm (aangevuur deur Hollard) vierde.

Individueel het Drikus Coetzee van Simonis Storm (aangedryf deur Hollard) met 2 uur 21 minute 35 sekondes vir Christiaan van Rensburg (tweede, 2:22:12), Kevin Lowe (Cymot A) en Fabio Andrade van die besoekende toerspan Team Angola (derde, 2:25:25) vir die eerste plek geklop.

Genevieve Weber, Monique Taylor (beide Mannie’s Sports Lab), Hester Prins (Food Lovers Market), Olivia Shililifa (Cymot Yellow), Anri Krugel (Simonis Storm aangevuur deur Hollard), Monique du Plessis (Cymot Orange) en Irene Steyn (Mannies Bike Mecca) is in ’n bondel oor die tydmat en het dieselfde tyd van 2:17:21 gekry.

Risa Dreyer (Mannie’s Bike Mecca), Marissa Mouton, Nicola Fester (beide Cymot Orange), Nicole Spangenberg (Mannie’s Sports Lab) en Bertha Theron (Food Lovers Market) was op hul agterwiele, met dieselfde toegekende tyd van 2:17:22.

Anneke Steenkamp (2:17:23) en Elanor Grassow (2:17:24), beide van Simonis Storm (aangedryf deur Hollard), Robyn-Lee Swartz van Food Lovers Market (2:17:24), Jean-Marie Mostert van Cymot Orange (2:17:25), Silke Bean van Mannie’s Bike Mecca (2:17:25), Ulande Viljoen (Pupkewitz Megabuild), Marcelle Eloff (Mannie’s Sports Lab), Maike Bochert (Simonis Storm) en Jonie Peters (Pupkewitz Megabuild) in 2:17:27 was ook binne raakafstand van die voorpunt van die uiters kompeterende resies.

VOORLOPERS

Coetzee en sy spanmaats het vanjaar reeds elk van die vyf kompetisies in dié reeks ingepalm, met 114 punte. Die tweede span is Cymot A met 102 gevolg deur NCCS-Cymot 83, Food Lovers en Cymot B met 78.

By die vroue is Simonis Storm (52 punte), Mannie’s Bike Mecca en Mannie’s Sports Lab (beide 46) asook Cymot Orange (44) die topvierspanne. Volgende is Pupkewitz Megabuild en Food Lovers Market (beide 28) en Cymot Yellow (21).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer