Sink of swem vir ‘B-span’ teen die Hane

WB-rugby
Frankryk – gasheer en derde op die wêreldranglys – takel Namibië (21ste) met 'n baie gedugte kombinasie.
Andrew Poolman
Namibië laat rus van sy staatmakers vir sy groot Wêreldbeker-botsing teen Frankryk Donderdagaand in Marseilles.

Dis in teenstelling met die Hane, wat van hul grootste spelbrekers (insluitend hul wêreldklas kaptein Antoine Dupont) terugbring wat hul sukkelvertoning teen Uruguay misgeloop het.

Namibië se spankeuse is ’n aanduider van die fokus op varsheid om met ’n almagtige poging in wedstryd 4 teen Uruguay geskiedenis te maak. Die vars bene wat teen Frankryk ingespan word, kry eweneens geleentheid om met nuwe energie hul kleim behoorlik af te steek.

Nadat die slot Tjiuee Uanivi die volle 80 minute in elk van die vier WB-wedstryde in Engeland 2015, drie WB-wedstryde in Japan 2019 en twee in Frankryk 2023 gespeel het, kry hy vir die eerste keer ’n blaaskans.

Skrumskakel Damian Stevens, losskakel Tiaan Swanepoel, haker Torsten van Jaarsveld en losvoorspeler Wian Conradie sal ook die batterye kan herlaai.

Afrigter Allister Coetzee het net ses spelers in die beginspan behou wat hulle met 71-3 teen die All Blacks in Toulouse vasgeloop het, naamlik Cliven Loubser, Gerswin Mouton, Johan Retief, Aranos Coetzee, Prince !Gaoseb en die senter en kaptein Johan Deysel.

Aranos, Mouton, Retief en Deysel is nou die enigste vier wat sover in die toernooi vir elke beginspan gekies was.

Nadat Louis van der Westhuizen teen die All Blacks met sewe uit sewe van sy lynstaangooie geslaag het, sal die Namibiërs hoop om ’n stewige aanvalsplatform hier te bewerkstellig.

BOU DIEPTE

By die nuuskonferensie gister het Allister oor die spankeuse gesê: “Vir die jongelinge en diegene wat in hul eerste Wêreldbeker speel, is hierdie ’n wonderlike ervaring.

“Om elkeen speelkans te gee, was een van ons mikpunte – om seker te maak ons verbreed die diepte in ons spelersgroep, veral teen Vlak 1-rugbynasies. Ons kry min geleenthede teen sulke spanne, so dis vir ons belangrik.”

Volgens die afrigter was die wedstrydplan teen Nieu-Seeland inderdaad in die kol. “Ek kan dit motiveer deurdat ons 12 aanvalsgeleenthede in hul kwartgebied geskep het. Vergelyk dit met net sewe wat die Hane (teen die All Blacks) kon regkry. Dit wys ons moet iets reg doen.”

Kaptein Johan Deysel het gesê sy span sal ingestel bly om drieë te druk eerder as om strafskoppe pale toe te mik – ’n benadering wat die Franse ondersteuners se luide waardering in die stryd teen die Kiwi’s ontlok het.

Namibië: 1 Desiderius Sethie, 2 Louis van der Westhuizen, 3 Aranos Coetzee, 4 Mahepisa Tjeriko, 5 Adriaan Ludick, 6 Max Katjijeko, 7 Johan Retief, 8 Prince !Gaoseb, 9 Jacques Theron, 10 Cliven Loubser, 11 JC Greyling, 12 Danco Burger, 13 Johan Deysel (kaptein), 14 Gerswin Mouton, 15 André van der Berg.

Reserwes: Obert Nortje, Jason Benade, Haitembu Shikufa, PJ van Lill, Richard Hardwick, Oela Blaauw, Alcino Izaacs, Divan Rossouw.

Frankryk: 1 Cyril Baille, 2 Peato Mauvaka, 3 Uini Atonio, 4 Cameron Woki, 5 Thibaud Flament, 6 François Cros, 7 Charles Ollivon, 8 Anthony Jelonch, 9 Antoine Dupont (c), 10 Matthieu Jalibert, 11 Louis Bielle-Biarrey, 12 Jonathan Danty, 13 Gaël Fickou, 14 Damian Penaud, 15 Thomas Ramos.

Reserwes: Pierre Bourgarit, Reda Wardi, Dorian Aldegheri, 19 Romain Taofifenua, Paul Boudehent, Baptiste Couilloud, Yoram Moefana, Melvyn Jaminet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!