Sinner begin Aussie-Ope teen Jarry, Sabalenka kry Stephens
Jannik Sinner begin die verdediging van sy Australiese Ope-titel teen Nicolás Jarry terwyl verlede jaar se vrouekampioen, Aryna Sabalenka, die voormalige Amerikaanse Ope-wenner Sloane Stephens die stryd aansê.
Die loting vir die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar is Donderdag by Melbourne Park gedoen.
Novak Djokovic begin sy jongste aanslag op ’n 11de Australiese Ope-titel en 25ste Grand Slam-kroon teen die Amerikaanse promotorskeuse Nishesh Basavareddy, maar sy pad na die eindstryd sal nie maklik wees nie.
Djokovic kan in die derde ronde teen Reilly Opelka te staan kom, die Amerikaner met die reuseafslaan wat die Serwiër vroeër vandeesweek in Brisbane geklop het, terwyl die derde gekeurde Carlos Alcaraz ’n moontlike teenstander in die kwarteindronde is.
Die Spanjaard Alcaraz, wat die Franse Ope-trofee in 2024 by sy versameling gevoeg het, begin sy veldtog om die een Grand Slam te verower wat hom tot nou toe nog ontwyk het wanneer hy met Alexander Shevchenko kragte meet.
Sinner, die wêreldnommereen, moet van meet af aan op dreef wees teen die Chileen Jarry, wat die Italianer in hul eerste ontmoeting in 2019 geklop het.
Iga Swiatek (tweede) kom teen Katerina Siniakova te staan terwyl Coco Gauff (derde) deur ’n vroeë uitdaging in die gesig gestaar word teen haar Amerikaanse landgenoot Sofia Kenin, die Australiese Ope-kampioen in 2020.
Die Olimpiese gouemedaljewenner Zheng Qinwen, die naaswenner verlede jaar, pak ’n kwalifiseerder in die eerste ronde en kan moontlik teen Sabalenka in die kwarteindronde te staan kom.
Die tweemalige kampioen Naomi Osaka en Caroline Garcia van Frankryk is slaags in ’n herontmoeting van hul eerste ronde verlede jaar wat die Japanse speler kort ná haar terugkeer van lang kraamverlof in skoon stelle verloor het.
Nick Kyrgios van Australië, wat met beserings sukkel sedert hy in die Wimbledon-eindstryd in 2022 teen Djokovic verloor het, gaan Jacob Fearnley die stryd aansê, maar sy terugkeer na Melbourne Park bly weens ’n buikbesering in twyfel.
Sy Australiese landgenoot Alex de Minaur het ’n moeilike eerste wedstryd teen die Nederlander Botic van de Zandschulp, wat Alcaraz in verlede jaar se Amerikaanse Ope geskok het.
Die toernooi begin Sondag. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie