Ongos FC se wenspan Sondag teen African Stars. Agter van links staan Stanley Ndjavera, Tomo Vetaapi, Nicodemus Haikali, Larry Horaeb, Okeri Maekopo en Ratanda Mbazuvara. Voor is David Omseb, Useb Kleophas, Wangu Gome, Simon Elago en Tjingee Kapundjiri. Foto Footy Namibia
Ongos FC se wenspan Sondag teen African Stars. Agter van links staan Stanley Ndjavera, Tomo Vetaapi, Nicodemus Haikali, Larry Horaeb, Okeri Maekopo en Ratanda Mbazuvara. Voor is David Omseb, Useb Kleophas, Wangu Gome, Simon Elago en Tjingee Kapundjiri. Foto Footy Namibia

Skok vir Stars bring nuwe NPL-voorloper

Sokker
Doelwagter Kamaijanda Ndisiro is in onderhoude deur sy kaptein en afrigter gekritiseer.
Andrew Poolman
Sommer op wedstryddag 3 van die Debmarine Namibië Premierliga het die sokkerklub Ongos (tevore bekend as Tura Magic) Sondag ’n behoorlike vroeë opskudding gelewer.

Ongos het met 3-2 teen die heersende kampioenspan African Stars gewen, wat in die vorige seisoen eers laat in die tweede helfte sy eerste verloorwedstryd afgestaan het.

Stars se kaptein Ronald Ketjijere het ná die eindfluitjie in die Hage Geingob-stadion gesê hulle het verwag dat Ongos met vars bene druk sou toepas en dis ook wat gebeur het.

“Ons is aan die slaap gevang agterlangs en het met simpel foute twee doele afgestaan wat die druk vierkantig op ons geplaas het, insluitend ’n eie doel.

“Ons het teruggekom met (Angelo) Kuezi se doel, maar het toe weer ’n doel afgestaan. ’n Mens kan baie sê oor die skeidsregter, maar dis seker nie ons plek nie. Dis ’n moeilike uitslag om af te sluk, maar dis hoe dit is.”

Ketjijere het egter bygevoeg dat as een terugslag genoeg is om jou hele seisoen van stryk te bring, verdien jy nie om in die NPL te speel nie. “Ons moet onsself afstof en opkyk na die volgende wedstryd, want dié was maar ons derde wedstryd. Ons vergeet hiervan en fokus op die volgende een.”

Beide Ketjijere en Stars se Ghanese afrigter Prince George Koffie het nie teruggedeins om die doelwagter Kamaijanda Ndisiro se foute vir die opposisie se doele te blameer nie. Ndisiro se ongelukkige wedstryd het ook ’n harde val op sy skouer ingesluit toe ’n aanstormende Ongos-speler in die lug sy voete onder hom uit gehardloop het.

Koffie het ook gesê die blaser was nie regverdig teenoor sy span in die besluitneming nie. Hy het nietemin beter verwagtinge van African Stars se senior spelers gehad om die skielike druk te kon hanteer.

Ongos was rustyd met 2-1 voor.

Tjinge Kapundjiri (vanaf ’n vryskop ná sewe minute) was Ongos se eerste doelskieter, benewens ’n eie doel ná tien minute wat van African Stars se verdediger Emilio Martin verby die doelwagter gespat het. Kort ná rustyd het Nikodemus Haikali met ’n kopstoot ná ’n vryskop die telling tot 3-1 laat aanskuif.

Angelo Kuezi, met ’n puik skoot met die linkervoet, en Youssouf Ibroihim met ’n kopstoot halfpad deur die tweede helfte het African Stars se doele aangeteken.

NUWE VOORLOPER

Khomas Nampol, met ’n sege van 3-0 teen Civics, het sover bekend geskiedenis gemaak as die eerste span wat vanuit ’n laer liga na die NPL bevorder is, om hom in die voorloperposisie te vestig wat voor Sondag deur African Stars gehou is.

Absalom Iimbondi, Erick Tsam en Prins Rewaldo het doele vir die polisiemanne aangeteken, terwyl afrigter Jeremy Zimmer se Civics-span nie ’n antwoord kon lewer nie.

Khomas Nampol is ná drie wedstryde onoorwonne, met nege ligapunte. Dit besorg hulle tans die vroeë voorsprong bo ’n string spanne wat elk ses punte ná drie wedstryde het (Unam tweede, African Stars derde, Blue Waters vierde, Ongos vyfde, Okahandja United sesde en Tigers sewende).

UNAM AARDE TOE

Ná Unam se oorwinning met 5-1 die vorige dag teen Okakarara Young Warriors, moes Ronnie Kanalelo se manne Sondag ’n nederlaag met 2-1 teen Blue Waters afsluk.

’n Doel deur Paulus Gideon was nie genoeg om Unam te red nie, terwyl Steven Damaseb en Isaskar Gurirab die Walvisbaaiers op die telbord geplaas het.

• Quinton Kuruseb en Image Isaaks se doele het aan Tigers die wenpunte met 2-1 teen Young Brazilian besorg. Die verloorspan van Karasburg kon die naweek geen ligapunt in Windhoek kom haal nie, ondanks Sondag se doel deur Quinton van Staden.

• Okahandja United het ’n tuisoorwinning met 2-0 teen Okarara Young Warriors behaal, met beide doele deur Gerland Kaengurovu. Okahandja se super-plaasvervanger het nou reeds drie doele in twee verskynings van die bank af aangeteken.

Boaan die lys van NPL-doelskieters is egter die bekende naam van Willy Stephanus (Awilo) van African Stars, met vier treffers sover.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!