Skole-atlete streef om span te haal
Atletiek
’n Seldsame sportnaweek lê voor – propvol gelaai met plaaslike geleenthede waaruit toeskouers kan kus en keur en wat fynproewers se monde behoort te laat water (sien bladsy 11).
Vir skoolgaande kinders oor die land heen is die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale baan- en veldatletiekkampioenskap die verhoog om vir die gesogte goud, silwer en brons mee te ding.
Die tweedaagse skouspel in die Onafhanklikheidstadion begin vandag om 16:00 en môreoggend om agtuur. NMH se produksiespan sal op ons TV-kanaal NTV van die begin tot die einde regstreekse beeldsending doen.
Meer as een duisend atlete van elke streek in die land – vanaf die laerskoolouderdom o.13 tot o.19 – sal in die hoofstad hul beste voet kom voor sit.
Woensdagaand het Windhoek Gimnasium Atletiekklub ’n informele byeenkoms vir sy groep van 55 kwalifiserende atlete aangebied wat na verwagting ’n sterk mededinger vir die medaljes in alle ouderdomsgroepe sal wees.
“Ondanks die naam is die atletiekklub oop vir enige atlete van enige plek, ongeag waar hulle skoolgaan. Die naweek dra hulle ook nie rooi nie, maar die ligblou van Khomas of selfs ander streke se kleure,” sê me. Karina Theunissen van die genoemde klub.
Terwyl Christine Mboma en Beatrice Masilingi die onlangse voorbeelde is van atlete wat deur die plaaslike stelsel tot in die Olimpiese 200-finaal gevorder het, is Tuané Silver, die nasionale senior rekordhouer in die vroue-gewigstoot, maar net een van vele ontluikende sterre wat in dié spore wil volg deur plekke in die NSSU-spanne vir ’n toer na Frankryk volgende maand, asook die Cossasa-spele in Suid-Afrika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie