Skolespan slaan terug in Gauteng
Skolerugby
Namibië se skolerugbyspan het ’n trae vertoning in die eerste helfte oorkom toe hulle gister die Grens Platteland op dag 2 van die SA Rugby onder 18 Akademieweek in Johannesburg geklop het.
Zack von Wielligh is as speler van die wedstryd aangewys ná die oorwinning met 27-10 op die Hoërskool Jeppe se veld. Die lenige oopkantflank van Windhoek Gimnasium was ’n gereelde lynstaanspringer, bedrywig op die verdediging en ook ’n goeie baldraer deur uit duikslae te tol of ekstra meters te vorder deur met sy bene aan te hou dryf.
Ná Maandag se openingswedstryd waarin die Valke teruggeveg en hulle met 28-27 geskok het, het die Namibiërs gister rustyd net met 10-0 teen die Oos-Kapenaars voorgeloop.
’n Strafskop en doelskop deur losskakel Michael Koopman (Walvisbaai Privaatskool) en ’n drie deur slot Walter Otto (Windhoek Affies) was hul enigste punte in daardie stadium. Ten spyte van ’n sterk skrum was hul losskrumbesit baie staties en het min probleme vir die Grens se verdedigingslyn ingehou.
Die opstuur van JD Rossouw (WBPS) as skrumskakel ná rustyd het ’n onmiddellike verbetering in die tempo en besluitneming van die Namibiese aanval gebring.
Die senterpaar Van der Merwe Tromp (Windhoek Affies) en Stephan Gildenhuys (Windhoek Gim) was gevolglik ook in die tweede helfte meer doeltreffend om skade aan te rig.
Rossouw het self een drie gedruk, terwyl die teenaanvallende heelagter Antua Klein (WBPS) en linkervleuel Sammy Sobramoney (WHS) ook vyfpunters bygevoeg het, tesame met nog een doelskop deur Koopman.
Die Namibiërs het nog een wedstryd Donderdag oor – die tradisionele botsing teen Zimbabwe (08:30). Die buurland se span het teen Griekwas verloor (33-29) en gister teen Grens gewen (26-22).
Uit die kamp word verneem dat die kaptein en agtsteman Ben Burger (Affies) ondanks ’n kniebesering dalk wel sal kan speel, terwyl regtervleuel Jurgen Meyer (WHS) vir twee weke met ’n ligte harsingskudding sal moet rus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie