Skoolseuns vir jaarlikse skouspel aangewys

Skolerugby
Die Cravenweek vir Laerskole word einde volgende maand in Pietermaritzburg aangebied.
Andrew Poolman
Hoofafrigter Brian Titus stel die visier hoër vir Namibië se komende deelname aan die Onder 13 Cravenweek-skolerugbytoernooi wat van 25 tot 30 Junie by Maritzburg College in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gehou word.

Die Namibiese o.13-span is Saterdag in Windhoek aangekondig, tesame met die o.12-span wat afsonderlik na ’n interprovinsiale toernooi in Klerksdorp sal toer – ’n goeie geleentheid om reeds van die opkomende talent voor volgende jaar se onder 13-spogtoernooi blootstelling te bied.

Titus sê: “Ons het verlede week ’n goeie oefenkamp gehad en van die spelers lyk regtig indrukwekkend. Sommige individue benodig nog werk aan hul basiese vaardighede, terwyl ons natuurlik heelwat individuele en organisatoriese spanwerk het om in die oorblywende tyd te doen.

“Dit is jammer dat ons nie almal kan saamvat nie, maar as ’n bestuurspan is ons tevrede met die 23 spelers wat gekies is.

“Ons het spoed en vaardighede in die agterlyn en ’n paar sterk seuns onder die voorspelers en ons sien uit na die toernooi.

“Op papier lyk die groep onder die beteres van die afgelope jare. Verlede jaar se span het met twee oorwinnings uit vier wedstryde geëindig en ons beoog om dit vanjaar tot drie oorwinnings op te stoot, wat ons vorige beste vertoning by die o.13 Cravenweek sal ewenaar.

“Ons het waardering vir die moeite wat reeds deur die ouers gedoen is om die jong seuns in die komende uitdaging te ondersteun.”

Die Namibiërs sal hul aanslag om 08:00 op dag een (Maandag 26 Junie) teen Grens Platteland open. Dié uitslag sal hul volgende teenstander bepaal.

Die aangewese Namibië o.13-rugbygroep:

1 Joshua Bock (Oranjemund Privaatskool)

2 Marnu Schrader (Windhoek Gimnasium)

3 Julian van Wyk (Rehoboth Primêr)

4 Jaden van der Westhuizen (Windhoek Gimnasium)

5 Stefan Kruger (Windhoek Affies)

6 A.J. Willemse (Pionierspark)

7 Elijah de Klerk (Pionierspark)

8 Carel van Heerden (Windhoek Gimnasium)

9 Armand Scholtz (Windhoek Gimnasium)

10 Duan Kruger (Pionierspark)

11 Alessandro Kathindi (Walvisbaai Primêr)

12 Janco Duvenhage (Walvisbaai Privaatskool)

13 Le-Roy Basson (St. Joseph’s Primêr)

14 Keanan Abraham (Ruimte)

15 Vigo Kotzé (Walvisbaai Privaatskool)

Reserwes: 16 Izak de Klerk (Walvisbaai Privaatskool), 17 Stefan Horn (Pro-Ed Akademie), 18 Ludwig Tjitandi (Suiderhof), 19 Raymundo Bowe (Flamingo Primary), 20 Corné Mouton (Rehoboth Primêr), 21 Jandro Visser (Pro-Ed Akademie), 22 Brooklyn Bertolini (Suiderhof), 23 Vezenga Mujoro (Pionierspark).

Hoofafrigter: Brian Titus (St. Joseph’s Primêr). Hulpafrigters: Mauritz Thirion (Windhoek Gimnasium) en Patrick Ludick (St. Joseph’s Primêr). Spanbestuurder: Ernest Groenewald (Orban).

NAMIBIë ONDER 12 spelersgroep

1 Jayden Beukes (Ruimte Primêr, Hardap)

2 Jean Botha (Pionierspark, Khomas)

3 Tian du Plessis (Gobabis Gimnasium, Khomas-streekspan)

4 Mbaisa Vikapita (Pionierspark, Khomas)

5 Jacobs Botman (Whk Gimnasium, Khomas)

6 Ruben Kotze (Whk Gimnasium, Khomas)

7 Wehon Groenewaldt (Walvisbaai Privaatskool, Erongo)

8 Bertus Walters (Windhoek Affies)

9 Cayden Klazen (Pionierspark)

10 Lloyd van Wyk (St. Joseph, Hardap)

11 Adrian van der Westhuizen (Orban, Khomas)

12 Keithan Humphries (Hoeksteen, ||Kharas)

13 Ryan Steyn (Windhoek Gimnasium)

14 Rijk Duvenhage (Walvisbaai Privaatskool, Erongo)

15 Reece Bezuidenhoudt (Pionierspark)

Reserwes: 16 André Badenhorst (Windhoek Gimnasium), 17 Conroy van Wyk (Ambrosius Amutenya Primêr, ||Kharas), 18 Jayden Coakley (St. Joseph Primary, Hardap), 19 Giorgian Kvilitaia (Walvisbaai Privaatskool, Erongo), 20 Kian Jansen van Rensburg (Windhoek Affies), 21 Jacques Bruwer (Windhoek Gimnasium), 22 Caillum Januarie (Vooruit PS, Noorde), 23 Frederick Pretorius (Moria, Noorde).

Hoofafrigter: Graschlin Hanstein (Windhoek Gimnasium). Hulpafrigters: Jandré van Wyk (Roots Gimnasium) en Frans Joubert (Gobabis Gimnasium). Spanbestuurder: Frank Farmer (Rosh Pinah Academy).

Kommentaar

Republikein 2025-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 19° | 27° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 28° Ruacana: 19° | 32° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 17° | 19° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 20° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 22° Maseru: 16° | 25° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 23° | 30° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 17° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 21° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!