Skotte ’n gretige buiteperd vir ‘eindstryd’ teen Ierland
WB-rugby
Darcy Graham, die blitsbuks wat vier drieë vir Skotland in sy Groep B-wedstryd teen Roemenië die afgelope naweek ingeryg het, meen komende Saterdag se kragmeting met Ierland in Parys is ’n Wêreldbeker-eindstryd in die kleine.
Deur vir Ierland met agt of meer punte te klop – en terselfdertyd te verhoed dat die Iere ’n bonuspunt kry – sal Skotland ’n plek in die kwarteindronde bespreek. Suid-Afrika is ná sy oorwinning oor Tonga boaan die groep, terwyl Ierland en Skotland onderskeidelik 14 en tien punte het.
“Dis reg of weg vir albei spanne en omtrent soos ’n WB-eindstryd,” sê Graham.
“Vir ons gaan dit daaroor om uit die staanspoor hierdie week goed voor te berei. Dis ’n baie opwindende tyd wat op ons wag.”
Om vir Ierland te klop is makliker gesê as gedaan. Skotland kon dit laas in 2017 vermag en Ierland gee ná 16 agtereenvolgende toetsoorwinnings die pas aan op Wêreldrugby se ranglys.
“Ons het lanklaas daarin geslaag om vir Ierland te klop en welgedaan aan die Iere, want hulle is ’n taai span,” sê die Skotse flank Hamish Watson.
“Hulle het baie goed gelyk teen Suid-Afrika. Dis waarskynlik hoe ons dit verkies. Ons is die buiteperde, word ’n bietjie afgeskryf, moet met agt punte wen, en sulke dinge.”
Watson (31), wat verlede jaar nog vir Skotland op toer in Argentinië aangevoer het, sukkel nou om die opdrafspan bo die 23-jarige Rory Darge te haal. Gregor Townsend, Skotland se afrigter, is egter stof tot nadenke gegee deur Watson se puik vertoning teen Roemenië.
“Ek glo dat ek myself deel van die gesprek gemaak het om in die span te wees,” sê Watson.
“Ons kyk maar wat die afrigters doen. Dis vir ons ’n yslike wedstryd.”
Op sy beurt is Graham redelik seker van sy plek in die Skotte se uitsoekspan. Hy het ná sy vier drieë teen Roemenië vyf op sy kerfstok in dié WB-toernooi. Hy is net vier drieë agter Stuart Hogg se rekord van 27 vir Skotland. Hierdie naweek meet hy kragte met die Ierse blitse James Lowe en Mack Hansen.
“Hulle is ongelooflik. Jy moet elkeen van Ierland se agterspelers fyn dophou. Ek moet vir 80 minute aangeskakel wees en nie vir ’n oomblik konsentrasie verloor nie,” sê Graham.
“Ons gaan nie die voorste span in wêreldrugby klop indien ons nie vir 80 minute op ons beste is nie. Dit sal hierdie week benadruk word.”
– AFP, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie