Skutters vaar puik in Johannesburg
Boogskiet
Die Namibiese span van vyf boogskutters het met vier medaljes teruggekeer van die 73ste Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap wat laas naweek in Johannesburg aangebied is.
Op dag een het die boogskutters elk 72 pyle tydens die eerste rondte afgeskiet om die ranglys te bepaal, voor die volgende dag se uitskakelings op pad na die medaljewedloop.
Quinn Reddig van Swakopmund-klub, in die vrouekompetisie met die saamgestelde boog, het haar vorige Namibiese rekord in ’n rondte van 360 skote vanaf 296 tot 300 treffers verbeter.
Reddig het die volle 720-rondte vir die ranglys in die topposisie afgesluit, voor sy die volgende dag in die tweede plek vir die silwermedalje geëindig het.
Haar klubmaat Jacqueline Coetzee was vierde uit die nege vroue ná die afhandeling van die uitskakelings.
Lutz Wahlers, ook van Swakopmund, het nege ander boogskutters uitgestof om die goud in die mansafdeling met die “recurve barebow” in te palm.
Jannie Meuwesen van Lüderitz en Hofmeyr van Blerk is teen 14 mededingers in die manskompetisie met die saamgestelde boog opgeweeg. Meuwesen het die silwermedalje verower.
Jannie Meuwesen en Jacqueline Coetzee het ook vir die internasionale gemengde kompetisie met die saamgestelde boog ingeskryf en teen die spanne van die VSA en Suid-Afrika meegeding, om met die bronsmedalje te eindig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie