Sneltrein Lahja breek eie rekord

Atletiek
Dag een en twee van die wêreldkampioenskap het vir die Namibiese Paralimpiese naellopers volgens plan verloop.
Tielman Van Lill
Die afrigter Henk Botha het Saterdag vanaf Windhoek vertrek om sy siggestremde atleet (T11-klas), Chris Kinda, by die Paralimpiese Wêreldatletiekkampioenskap in Parys, Frankryk, by te staan.

Behalwe dat hy Kinda sal ondersteun, het hy ook planne vir ander Namibiese junior en senior atlete gehad. Maar soos die noodlot dit wou hê, is vlugte deur die redery TAAG na Europa gekanselleer.

“Chris is tans die nommer een T11-atleet in die wêreld en ons hoop om hom in Parys tot die finaal te sien deurdring.

“Die plan was ook om ’n groep belowende jong atlete België toe te vat om in Ertvelde aan ’n Vlaamse atletiekbyeenkoms te gaan deelneem.

“Ryan Williams (diskusgooi), Elton Hoeseb (200 meter), Philip Haiduwa, Gilbert Hainuca, Ndawana Haitembu en Muyenga Hepzibah (almal 100 m), André Retief (400 m) en Coena Kühn (gewigstoot) wou ek vat om te kyk of hulle nie vir die 2023 Wêreldatletiekkampioenskap in Boedapest kan kwalifiseer nie.

“Die tyd raak min, want die Wêreldkampioenskap vind van 19 tot 27 Augustus in Hongarye plaas. Indien hulle vir die Wêreldkampioenskap kwalifiseer, sal hulle ook regstreeks vir die 2024 Olimpiese Spele hand opsteek.

“Hulle sou laas naweek gevlieg het, maar TAAG het hul vlugte na Europa gekanselleer. Gevolglik sal dit net Ryan en Gilbert wees wat kom, maar ek soek vir die ander atlete ’n byeenkoms om ondervinding op te doen.”

PARALIMPIËRS

In Parys het Lahja Ishitile (T11) Sondagaand in haar uitdun met 58.46 sekondes vir die 400-semifinaal gekwalifiseer en sy het boonop haar vorige Afrikarekord van 58.97 verbeter. Sy en haar gidshardloper Sem Shimanda sou gisteraand in aksie wees met hul visier op die eindrondte ingeskakel.

Ananias Shikongo en Chris Kinda (T11) het gisteroggend onderskeidelik met 52.82 en 52.44 vir die 400-semifinaal gekwalifiseer wat vanoggend voorlê. Beide was eerste in hul onderskeie uitdunne.

Namibië se Paralimpiese naellopers in Parys, is Ananias Shikongo, Kinda Chris, Alfredo Bernado, Lahja Ishitile, Lahja Ipinge, Johannes Nambala, Bradley Murere, Petrus Karuli en Denzel Namene.

Even Tjiviju, Hatango Murere, Kelvin Goagoseb, Philipus Paulus en Sem Shimanda is die gidshardlopers.

Karuli is Sondagaand in die T37-klas se 100 meter uitgeskakel toe hy vierde in sy uitdun klaargemaak het (12.59 s).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!