Snyman versterk veteraanspan na Wêreldbeker
Krieket
Die veterane se Wêreldbeker begin volgende maand in Suid-Afrika.
Die breker Gerrie Snyman is ingesluit in Namibië se span vir die Ouer as 40 Wêreldbeker-kriekettoernooi wat binnekort vir die eerste keer in Suid-Afrika gespeel word.
Snyman was in 2003 ’n lid van die land se eerste Wêreldbekerspan in eendagkrieket en hoewel hy nie soos in later jare sy gesag met die kolf afgedwing het nie, het hy as ’n mediumsnelbouler twee paaltjies teen Pakistan in Kimberley geneem (Rashid Latif en Abdul Razzaq).
Teen Engeland in Port Elizabeth het Snyman drie paaltjies geneem om van Andrew Flintoff, Paul Collingwood en Ian Blackwell ontslae te raak.
Teen die tyd dat Snyman in 2018 uit nasionale diens getree het, het hy ’n indrukwekkende vrag lopies in eersterangse (4499), T20-wedstryde (1146) en Lys A-krieket (3948) opgestapel.
Sy laaste verskyning vir Namibië was in ’n 2018-verloorwedstryd teen KZN Binneland, waarin hy 101 en 22 in sy twee kolfbeurte aangeteken het.
Snyman se naam sal altyd gekoppel word aan sy twee dubbele honderdtalle teen Kenia – insluitend 230 uit ’n spantotaal van 282 in Sharjah in 2008, asook 201* by Unitedveld in Windhoek vier jaar later.
’n Terugslag vir Namibië se veteraanspan is egter die kniebesering wat die mediumsnelbouler Hendrik Geldenhuys by die huis sal hou. Die gewese Wanderers-man was onder die gesamentlike voorste paaltjienemers (sewe) by die Ouer as 40 Afrikabeker einde laas jaar in Pretoria en ook handige kolwer.
By laasgenoemde toernooi het die Namibiërs verras deur tot die finaal deur te dring met oorwinnings teen Zimbabwe en die SA A-span. Die aanvangskolwer Johan Nel het die toernooi met 146 lopies afgesluit.
Duane Viljoen, wat in 1998 Namibië se eerste kaptein van ’n o.19 Wêreldbekerspan was, is ook ingesluit. Hy is steeds aktief as lid van die Westelike Provinsie se span ouer as 40 jaar.
NAMIBIË SE WB-SPAN
Nicolaas Buys (kaptein, WHS Old Boys en Trustco United)
Asad Abbas (Unam Zebra)
Riaan de Witt (Trustco United, Wanderers, WHS Old Boys)
Johan Nel (Namibië o.19 2002, Trustco United en ek dink CCD?)
Jaco Duvenhage (JCCA)
Conrad Jacobs (CCD en Welwitschias)
Rowan Erasmus (United)
Pieter Meuwesen (Wanderers, United)
Christo Greeff (RAU, Wanderers, WHS Old Boys, United)
Duane Viljoen (Namibië o.19 1998 en Westelike Provinsie 40-plus)
Saleem Muhammad (Unam Zebras, Shaheen Titans en King Price Kings)
Gerrie Snyman (Wanderers en Namibië)
Rudi Scholtz (Namibië o.19 1998, Wanderers en Namibië)
Wimpie Martins (Sparta, Blue Waters)
Norbert Manyande (CCD Tigers, Zimbabwe-A en Namibië)
Francois Fuscher (CCD Tigers)
• Die nie-reisende reserwes is André Jansen, Heinz Feddersen en Jaco Schoonbee (al drie Green Mambas).
GROEPERING
Twaalf spanne sal vanaf 19 Februarie tot 1 Maart by velde in die Wes-Kaap meeding.
Die loting is soos volg:
Groep A: Australië, Engeland, Kanada, Namibië, VSA, Zimbabwe.
Groep B: Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Sri Lanka, Verenigde Arabiese Emirate, Wallis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie