So naby, tog so ver vir Jewels

Netbal
'n Laat eindpoging teen Zimbabwe was gister net-net onvoldoende.
Tielman Van Lill
Die Debmarine Desert Jewels se hoop in die kontinentale kwalifiseringsveldtog vir die 2023 Wêreldbeker-netbaltoernooi het gister in Pretoria ’n knou gekry toe hulle naelskraaps met 45-41 teen Zimbabwe die knie moes buig.

Die Namibiërs is ook Maandagaand met 38-66 deur die blitsige Suid-Afrikaanse Proteas oorskadu, maar het twee ligapunte ná hul openingsege teen Tanzanië (54-40).

Aangesien die gasheer reeds weens hul wêreldranglysposisie (vyfde) vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het, tel dié uitslag egter nie teen die Jewels nie. Behalwe dat hul selfvertroue moontlik ’n knou gekry het.

Die uitslag teen Zimbabwe is nie wat hoofafrigter Mary Waya en haar spelers sou wou hê nie. Die Namibiërs se laaste wedstryd is vandag 12:00 teen Botswana en hulle sal dié botsing moet wen. Indien Namibië sy oostelike buurman met ’n goeie doelverskil kan klop, het hy twee seges agter die rug en sal moet hoop dis voldoende.

Suid-Afrika het Botswana met 37-60 verslaan. Slegs die toptwee spanne uit elk van die twee groepe sal tot die semifinale (Vrydag) vorder.

Zimbabwe het uit die staanspoor die kragmeting beheer en was binne ’n paar minute met 4-0 voor en teen die eerste kwartier was die telling 12-8. Die Namibiërs was onder druk om in te haal, maar sukkel om in die tweede kwartier ses doele aan te teken, terwyl hul hardhandige teenstanders elf deur die doelring vir 23-14 laat glip.

Met die fisiese aanslag en spoed waarmee Zimbabwe gespeel het, het die Jewels gesukkel om by die pas te bly. Die derde kwartier eindig op 36-24 met Namibië wat hul beste periode sedert die begin van die wedstryd beleef en tien doele behaal. Die dertien doele van Zimbabwe is egter ’n ontnugerting vir die Jewels wat hul beste in die laaste kwartier van die botsing lewer.

Namibië se 17 doele teen Zimbabwe se nege in die laaste kwartier was gevolglik te min en te laat.

In groep A is Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. In groep B is Eswatini, Kenia, Malawi en Zambië.

Die Jewels-spelersgroep is Monique Basson, Imbeleni Frans, Monica Gomases, Loide Hanyanya, Tilly Kamati, Eve Kamatushi, Anna Kaspar, Emmy Kutako, Liza Kruger, Nelandré Mostert, Mwale Mulenamaswe en Cornelia Mupenda.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!