Sokkerseuns uitgeskakel

Sokker
’n Tweede nederlaag by die Streek 5 Jeugspele, wat ook as die Cosafa-toernooi in die ouderdomsgroep dien, het gister die Namibiese o.17-seunsokkerspan se aanspraak beëindig.

Die Namibiërs is met 1-0 deur Botswana geklop, nadat hulle ook in hul openingswedstryd met 2-1 deur die gasheerspan Malawi verslaan is. Die toernooi dien ook as kwalifisering vir die Afrika Nasiebeker vir o.17-seuns.

Gister se wedstryd moes in ’n stadium weens swaar reënbui stopgesit word.

• Op die netbalbaan het die Namibiese meisies met 47-17 teen Suid-Afrika verloor.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer