Solank die Eagles roep, sal Wiese kom

Krieket
Die kaptein en sy mees ervare spanlid is vasbeslote dat die vroeë uitskakeling 'n wegspringplek vir "nog 'n fase van sukses" moet word.
Firdose Moonda
David Wiese het verskillende spanne in die Pakistan Superliga, die Karibiese Premierliga en Engeland se Vitality Blast tot spanningsvolle seges gekolf. Met sommiges het hy trofeë gewen, soos in die 2022 PSL, of ook ewe veel wedstryde in hul kleure verloor.

Oor 15 jaar speel hy lank genoeg om te weet dis hoe dinge in toernooi met ’n klompie spanne gaan.

Hoekom was hy dan so verpletter toe die Namibiese Eagles nie teen die Emirate die eindstreep kon haal nie en voor die hoofkompetisie in die T20 Wêreldbeker uitgeskakel is?

“As ’n krieketspeler speel jy in al dié verskillende toernooie, maar dis altyd lekker om daardie tuisbasis te hê; om ’n span te hê met wie jy aanklank kan vind, ’n span wat jou na aan die hart lê en wat jy weet hul hart is op die regte plek,” het Wiese in ’n nuuskonferensie in Geelong, Australië, gesê.

“As ’n toernooispeler is jy dikwels vir vier weke in en dan weer uit. Dikwels gaan dit oor selfbehoud: presteer goed in een toernooi, dan word na na die volgende een genooi. Dis ’n ander storie as vir jou land speel. Daar is ’n trots om vir jou land te speel.”

Wiese is ’n Namibiër deur sy pa, maar is in Suid-Afrika gebore in en het die grootste deel van sy loopbaan daar gespeel. Dis bykans ’n jaar sedert sy debuut vir sy nuwe land, maar die Namibiese spelers en hul spanomgewing het in sy hart gekruip.

“Die gehegtheid wat ek vir hierdie ouens het, hulle is sulke hardwerkende ouens, sulke goeie mense, ek wil net die beste vir hulle hê. Dis die belangrikste ding,” het hy gesê.

“Ek glo altyd goeie dinge gebeur met goeie mense en dis ’n baie goeie klomp ouens, goeie, hardwerkende ouens. Die teleurstellendste deel is dat hulle nie die geleentheid sal kry om hul vaardighede in die volgende ronde ten toon te stel nie.”

Dit, en die ekstra 30 000 Amerikaanse dollar wat Namibië sou ontvang het, selfs al sou hulle geen wedstryd in die Super12 wen nie

Hierdie toernooi sal waarskynlik die meeste blootstelling wees wat Namibië in 2022 sal kry, sonder enige ander televisiewedstryde. Om die waarheid te sê, dis dalk ook die meeste wat hulle tot 2024 kan kry, wanneer die volgende T20-Wêreldbekertoernooi begin.

SKEEFGELOOP

Noudat al daardie hoop verby is, is kaptein Gerhard Erasmus nie seker of die pyn oor die geld, die trots of iets anders gaan nie.

“Ek kan dit nie regtig in woorde omskryf nie,” het Erasmus gesê. “Verlede jaar was ons aan die ander kant hiervan. Dis moeilik om in die laaste twee wedstryde te probeer ontsyfer waar dit verkeerd geloop het.”

In die onmiddellike emosiegelaaide nadraai, kan Erasmus vergewe word as hy nie te veel wil ontleed nie. Wanneer hy dit wel doen, sal dit nie moeilik wees om vas te stel waar Namibië te kort geskiet het nie. Die toporde kon in elk van die drie wedstryde nie vlamvat nie – 35 vir 3 teen Sri Lanka, 32 vir 3 teen Nederland en 26 vir 3 teen die VAE.

Al dié tellings het die middelorde onder druk geplaas en hul oormatige steun ontbloot op individue soos Wiese, Jan Frylinck en JJ Smit. Nog twee “reddingstake”, soos Erasmus dit stel, sou altyd onwaarskynlik wees.

Wat Erasmus sou wou sien, was dat sy span ’n “behoorlike krieketwedstryd” speel, sonder ’n nodigheid om “uit die tronk te ontsnap”. Maar soos Wiese herinner, elke wedstryd “skryf sy eie draaiboek,” ondanks die beste-vooraf beplanning.

Die hardnekkige, dog vergeefs terugvegpoging teen die Emirate spreek van die Namibiërs se kultuur, sê Erasmus.

“Ek is regtig trots op die ouens, op die afrigtingspan en hoe ons in moeilike situasies gereageer het, Maar as ’n speler sou jy graag een behoorlike krieketwedstryd wou speel, vaardighedegewys, en die twee punte gevat het en kwalifiseer.”

VOLGENDE TAAK?

“Dikwels is dit uit moeilike situasies soos dié waar nuwe groot dinge begin gebeur. Ek het gesien hoe talle spanne een of ander vorm van teleurstelling gebruik om vir hulself nog ’n fase van sukses te herskep. So, ek sien regtig daarna uit om dit saam met die span te doen en sien daarna uit om dit as ’n leier te doen,” het Erasmus gesê.

“Dis vir ons baie belangrik om oor die volgende vier maande regtig ons eendagkrieket op te skerp en die maksimum punte in die eendagliga te kry. Dié teleurstelling behoort ons ewe veel aan te spoor tot meer sukses. Dis nie te lank nie, dan is daar nog ’n T20-Wêreldbeker en groot geleenthede vir die ouens om te speel.”

Namibië speel in die Krieket Wêreldbeker Liga 2, waar hulle tans vyfde uit sewe spanne is, maar met ekstra komende wedstryde. Die topdrie spanne dring deur na die 2023 eendagwedstryd se kwalifiserende toernooi, wat volgende Junie in Zimbabwe plaasvind. Twee spanne van dié toernooi sal die 2023 WB-toernooi haal.

’n Meer realistiese doelwit vir Namibië sal die 2024 T20 Wêreldbeker-toernooi wees, ’n vergrote toernooi met 20 spanne. Daar is verskeie roetes vir die Eagles om daar te kom, insluitend om onder die top 12 op die ranglys te eindig (hulle is tans 14de) of via ’n streekskwalifisering.

Hoe ook al, een ding is gewaarborg: Wiese wil deel van hul planne wees.

“Daar is nog ’n Wêreldbeker in 2024 en dis my volgende doelwit. Ek voel steeds goed en speel so goed soos ooit in my loopbaan. Solank hulle my wil hê, sal ek aanhou terugkom vir hulle.”

Wiese sal 39 wees wanneer die volgende T20-Wêreldbekertoernooi plaasvind, maar hou vol hy is nog lank nie klaar nie. “Ek het nog baie krieket in my oor .. vir Namibië.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!