Span gereed vir olimpiade
Skaak
Die Namibiese Skaakfederasie se nasionale span, The Knights, sal Woensdag na Chennai, Indië, vir die 44ste Skaakolimpiade van die Internasionale Skaakvereniging (FIDE) vertrek wat van 28 Julie tot 10 Augustus aangebied word.
Die olimpiade is die grootste spankompetisie vir 2022, waar meer as 2 000 spelers van 200 lande mekaar sal aandurf.
Namibië se span van elf is gekies nadat die spelers mekaar in ’n rondomtaliestryd van nege rondes getakel het. Tydens die nasionale skaakkampioenskap by die Windhoek Skougronde is Charles Eichab (skaakmeester), Jossy Uapingene, Khoa Goodwill, Heskiel Ndahangwapo en Dante Beukes (internasionale skaakmeester) by die mans gekies.
By die vroue sal Rauaha Goodwill (kandidaatmeester), Jolly-Joyce Nepando, Jamie-Nicole Beukes (kandidaatmeester), Keisha-Cathriona van Wyk, Patience Tsuses en Lichen Mentille (kandidaatmeester) Namibië verteenwoordig.
Die span sal deur me. Velda Jansen en dr. Leonard Müller (kaptein, FIDE-meester en FIDE-instrukteur) vergesel word.
Die 19-jarige Dante Beukes het onlangs by die 2022 Suid-Afrikaanse Ope in Kaapstad gesamentlik eerste geëindig. Hy is toe tweede geplaas weens gelykop stelle. Hy het ook die prys as beste junior by die kampioenskap opgeraap – ’n eerste vir Namibië – en word as ’n ontluikende internasionale meester gereken.
Die Namibiese Skaakfederasie (NCF) bedank graag TransWorld Cargo, Motlhaping Investment (PTY) LTD, PathCare, Tonata Uwanga, Florencia Kauhanda asook African Institution Management Services (AIMS) vir hul borgskap aan die span. Hoewel die NCF borgskappe ontvang het, is daar steeds kostes wat gedek moet word en die beheerliggaam vra vir goedgunstige ondersteuning.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie