Spanje die gunsteling teen nuwe kombinasie
Rugby
Warren Ludwig en Le Roux Malan is die twee toetsdebutante in die beginspan teen Spanje.
Geen maklike taak is in die vooruitsig vir afrigter Allister Coetzee se Namibiese rugbyspan in môre se rugbytoets teen Spanje in Madrid nie.
Amper net soos in hul vorige (onsuksesvolle) besoek in 2018 is die Namibiërs in sleutelposisies sonder van hul gevestigde bestes. Om gevolglik ’n skok te lewer teen ’n rugbyland wat tans agt posisies beter op die wêreldranglys geplaas is (Spanje 16de, Namibië 24ste), sal die toerspan definitief sy kaarte reg moet speel.
Spanje het weliswaar laas naweek op sy tuiswerf in sy eerste November-toets sleg slae gekry teen Tonga (40-6), wat 15de op die wêreldranglys is.
Die Spanjaarde het in Februarie en Maart vanjaar egter in die Europese kampioenskap derde ná Georgië en Roemenië geëindig, danksy oorwinnings teen Nederland (43-0, tuis), Rusland (41-37, weg), Roemenië (38-21, tuis) en Portugal (33-28, tuis).
Die Namibiërs was vandeesweek op reis uit Windhoek, waar hulle laas naweek ’n vriendskaplike wedstryd teen Griekwas met 18-33 verloor het.
Namibië se toetsspan lyk veel anders as in sy laaste verskyning in Juliemaand in die 36-0 wentoets teen Kenia by die kwalifiserende Wêreldbekertoernooi in Frankryk.
Verskeie veranderinge is weens beserings en ander faktore genoodsaak.
Die haker Torsten van Jaarsveld het ’n gevoelige rib ná ’n klubwedstryd vir Bayonne laas naweek. Vaskopstut Aranos Coetzee (tans by Bath in Engeland) is ook afwesig met ’n kuitbesering en loskop Desiderius Sethie van Unam is ook op die krukkelys.
Die nuutste terugslag agterlangs was dat die senter Danco Burger ná die toergroep se aankoms in Spanje op die oefenveld ’n besering opgedoen het. Laas naweek teen Griekwas het Alcino Izaacs ook ’n skouer beseer wat hom van die toer weerhou het.
Vanweë die lys beseerde vleuels (Gerswin Mouton, Chad Plato, Lesley Klim en die uitgetrede JC Greyling en Johann Tromp) word Divan Rossouw van heelagter af na die linkervleuel geskuif, terwyl Cliven Loubser vir die eerste keer ’n toets in die 15-trui sal begin.
Die 24-jarige PW Steenkamp – ná agt vorige toetse van die bank af – sal vir die eerste keer as Namibië se voorkeurlosskakel opdraf, waarskynlik propvol ambisie en selfvertroue ná sy goeie vertonings vir sy Poolse klub.
Warren Ludwig (regtervleuel), Le Roux Malan (binnesenter) en die plaasvervangers Wikus Jacobs en André van der Berg is vir hul eerste toetsverskyning nader geroep.
Malan en die Namibiese kaptein Johan Deysel is ’n nuwe senterkombinasie wat op papier baie belowend lyk, hoewel hul eerste proeflopie saam môre
Volgens Coetzee is die ses voorspelers op die reserwebank gekies om die verwagte swaar agttal van Spanje teen te werk.
“Die weerstoestande sover hier is fantasties en ons voorbereiding was goed; eintlik beter as wat ons in die week voor Griekwas was. Ons kyk na verbetering en opknapping van die details. Ons geskiedenis van uitslae teen Spanje lees nie so aangenaam nie; hulle bied ’n groot uitdaging, maar ons sien uit daarna,” het Coetzee gesê.
Die Namibiese span:
15 Cliven Loubser
14 Warren Ludwig
13 Johan Deysel (kaptein)
12 Le Roux Malan
11 Divan Rossouw
10 PW Steenkamp
9 Damian Stevens
8 Prince !Gaoseb
7 Janco Venter
6 Wian Conradie
5 Johan Retief
4 Adriaan Ludick
3 Casper Viviers
2 Louis van der Westhuizen
1 Jason Benade
Reserwes: 16 Wikus Jacobs, 17 Jano Otto, 18 Chemigan Beukes, 19 Ruan Ludick, 20 Pieter-Jan van Lill, 21 Adriaan Booysen, 22 Helarius Kisting, 23 André van der Berg.
GESKIEDENIS
Afgesien van wyle Gerhard Mans-hulle se sukses in hul onoorwonne 1991-seisoen kon Namibië sedertdien nog net een van sy sewe toetse teen Spanje wen.
• 18 Mei 1991 in Madrid: WEN 36-6 (Gerhard Mans /Henning Snyman)
• 27 November 2010 in Mallorca: VERLOOR 20-23 (Jacques Nieuwenhuis /Johan Diergaardt)
• 17 November 2012 in Windhoek (Drienasies): VERLOOR 37-38 (PJ van Lill /Danie Vermeulen)
• 21 Junie 2015 in Boekarest (Nasiebeker): VERLOOR 3-20 (PJ van Lill /Danie Vermeulen)
• 13 Junie 2016 in Boekarest (Nasiebeker): WEN 34-32 (Renaldo Bothma /Phil Davies)
• 10 Junie 2017 in Montevideo (Nasiebeker): VERLOOR 13-15 (Renaldo Bothma / Phil Davies)
• 17 November 2018 in Madrid: VERLOOR 13-34 (Darryl de la Harpe /Phil Davies)
• OPGESOM: Namibië wen 2 / Spanje wen 5 / punteverskil 156-168.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie