Die Suid-Afrikaans gebore Gavin van den Berg is klaarblyklik die speler vir wie Spanje in die veld gestoot het sonder dat hy aan die nodige kwalifikasievereistes voldoen het. Foto Getty Images
Die Suid-Afrikaans gebore Gavin van den Berg is klaarblyklik die speler vir wie Spanje in die veld gestoot het sonder dat hy aan die nodige kwalifikasievereistes voldoen het. Foto Getty Images

Spanje uit Bokke se WB-groep geskop

Rugby
Stephen Nell
Roemenië sal waarskynlik vir Spanje in die Springbokke se groep vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk vervang.

Dít nadat ’n onafhanklike tugkomitee bevind het dat Spanje in twee kwalifiserende wedstryde ’n speler in die veld gestoot het wat nie gekwalifiseer het om vir hom te speel nie.

Die Spanjaarde moet boonop ’n boete van £25 000 betaal, asook £50 000 wat ’n opgeskorte vonnis was van toe hulle voor 2019 se WB-toernooi aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind is.

Spanje, Roemenië en België is almal in 2018 vir die gebruik van onkiesbare spelers gestraf, wat vir Rusland die deur geopen het om vir die 2019 Wêreldbeker in Japan te kwalifiseer.

Spanje mag binne 14 dae wat hulle die volle geskrewe kennisgewing ontvang het, nog appèl aanteken. Soos sake nou staan, is die plan egter dat Roemenië hulle sal vervang.

Dit laat ook die deur oop vir Portugal om in November aan die laaste kwalifiserende toernooi deel te neem.

Terwyl Wêreldrugby nie die sluier oor die speler se identiteit wou lig nie, het oorsese media hom as die Suid-Afrikaans gebore stut Gavin van den Berg geïdentifiseer.

Die vermoede was dat hy nie die vereiste drie jaar in Spanje gespeel het om te kwalifiseer nie. Volgens die webwerf CanadianNews was Van den Berg vir een van die drie jare glo meer as 90 dae buite Spanje, wat sy kwalifikasie in die gedrang gebring het.

Van den Berg het in twee WB-kwalifiserende toetse teen Nederland (in Desember 2020 en Februarie 2021) gespeel – wedstryde wat die Spanjaarde met onderskeidelik 52-7 en 43-0 gewen het.

Die nuusagentskap AP berig die Spaanse rugbyfederasie het gesê hy ondersoek die moontlikheid dat Van der Berg se paspoort vervals kan wees.

Spanje is met vyf ligapunte beboet vir elke wedstryd waarin hy gebruik is. Roemenië het die klag by Wêreldrugby ingedien.

Die Springbokke was geskeduleer om op 17 September volgende jaar in Bordeaux ’n WB-groepwedstryd teen Spanje te speel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!