Spanpoging hou juniors vir WB op koers
Krieket
Die onbesonge Sierra Leone het gister baie min pasella vir die juniors Eagles gegee.
Die waarde en betekenis vir die sport sal beswaarlik oorskat kan word, indien die nasionale junior krieketspan Sondag hul laaste toerwedstryd teen Nigerië wen en sodoende die land se terugkeer na die o.19 Wêreldbeker kan verseker.
Namibië was sedert 2018 afwesig, maar het as voorloper in die kontinentale uitduntoernooi sy voet in die deur om volgende jaar saam met die grotes in Sri Lanka te gaan aanmeld.
Die Walvis Bay Salt junior Eagles se 83 lopie-sege gister teen Sierra Leone by die Universiteit van Dar es Salaam-ovaal, het verskeie benoude oomblikke vir Namibiese ondersteuners opgelewer.
Op ’n moeilike kolfblad moes Namibië in die tiende boulbeurt erg walgooi met ses kolwers uit vir ’n skamele 42, voor hulle tot 94/7 in 26 begin herstel het. Toe hul kaptein Alexander Volschenk as die laaste gerekende kolwer egter vir 23 uitgevang is, was die skrif streng gesproke aan die muur.
Jack “Russell” Brassell het egter vasgebyt (41 nie uit nie van 85 balle, 2x4) en het saam met Junior Kariata en PD Blignaut die verantwoordelikheid oorgeneem en met vennootskappe vir ’n gekombineerde 76 lopies tot ’n totaal van 170 gesleep voordat almal in 48 boulbeurte uitgeboul is.
Met groot dissipline het die trio by tye die rook uit die Sierra Leone-boulaanval verdedig, of balle laat verbyskiet. Met sy kaptein se vertrek het Brassell net 3 agter sy naam gehad, maar die uiterste geduld waarmee hy sy lopies versamel het, wys oor watter veelsydige talent en volwassenheid hy beskik.
Die Swakopmunder Brassell was vir die tweede keer dié week die speler van die wedstryd – maar as dit ook nie vir Kariata (3 van 24 balle) en Blignaut (17 van 42 balle, 2x4) se onselfsugtige steun was nie, sou Namibië nie sy hoogste totaal sover in die toernooi (ook die hoogste van enige span sover) gehaal het nie.
Die Eagles wat dubbelsyfers behaal het, was Brassell (41*), Volschenk (23), nommer drie JW Visagie (17), nommer elf Blignaut (17 van 42 b, 2x4) en agt Adriaan Louw (16 van 40 b, 3x4).
KARIATA SLAAN TOE
Die kommentators kon Kariata nie genoeg lof vir sy aggressiewe en akkurate boulwerk toeswaai nie.
Dié 18-jarige linkshandige naatbouler het die bal na willekeur geswaai en hy het Sierra Leone se topkolwer en kaptein, John Bangura, met ’n perfekte inswaaier vir ’n enkellopie been voor paaltjie betrap.
Dit was nadat Kariata in die derde boulbeurt beide die aanvangskolwer Raymond Coker en nommer drie Emmanuel Mansaray vir nulletjies laat stap het. Hy eindig sy dag onberispelik met 4/16 in 6 boulbeurte en benut ook ’n puik vangskoot.
Gerhard Janse van Rensburg (2/24 in 7, 1 leeg), Blignaut (2/8 in 1.2), Brassell (1/10 in 6, 3 leeg) en Volschenk (1/23 in 5) rond ’n vernietigende boulvertoning met 118 leë balle in 25.2 boulbeurte af.
Ibrahim Sesay (3/20 in 8, 1 leeg) en George Sesay (3/36 in 10) was as boulers vir Sierra Leone uitmuntend. Die span se 213 leë balle is egter ietwat ongedaan gemaak deur die 43 ekstras (41 wydlopers, 2 foutballe) wat die druk op Namibië heelwat laat verslap het.
Vir die verloorspan (87 almal uit in 25.2 bb) het net vier kolwers – insluitend hul nommer agt, nege en tien – dubbelsyfers behaal. Nommer tien James Bangura (16* van 9 b, 2x6) slaan die span se enigste twee sesse.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie