Spar bied 10 km vir vroue
Padwedlope
Namibië se eerste weergawe van die Spar 10 km vrouewedloop is bekend gestel en sal op 23 April by die Wanderers-sportklub in Pionierspark begin en eindig.
Bethold Karumendu, die hooforganiseerder, het by die bekendstelling gesê hulle sien daarna uit om vroue in getalle te sien opdaag.
“Spar se reeks 10 km-wedlope is uiters gewild in Suid-Afrika en lok duisende deelnemers in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria. Ons hoop ná ons eerste wedloop sal ons sien hoe om ons aanbieding selfs verder te verbeter, want ons doelwit is om die wedloop te vestig as deel van die Suid-Afrikaanse reeks,” het Karumendu gesê.
Eugene van Wyngaard, Spar Namibië se streekgroepbestuurder, het gesê vroue van oral in Namibië en van alle ouderdomme is welkom om te registreer. Vroue kan by alle Spar-winkel oraloor die land registreer, of aanlyn via die Spar-webwerf.
“Die wedloop in Windhoek word ook virtueel aangebied vir diegene wat nie op die dag hier kan wees nie, maar die afstand elders voltooi, want ons doelwit is dat die wedloop soveel groei sodat ons by Suid-Afrika se Spar-reeks kan aansluit,” het hy gesê.
Latere Spar-wedlope in ander Namibiese dorpe is ook in die vooruitsig, het hy bevestig.
Minister Agnes Tjongarero van sport, jeug en nasionale diens het gesê dit verskaf haar groot plesier om die bekendstelling van die land se eerste Spar 10 km-vrouewedren te sien.
Sy het die verstandelike voordele van fisieke fiksheid uitgelig en het alle vroue aangemoedig om tyd te maak om aan die wedloop deel te neem. Sy het ook vir Karumendu geloof wat die borgskap help vasknoop het “in ’n tyd wanneer soveel ander kollegas kla daar is nie geld nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie