• Tuisblad
  • Sport
  • Specman dra straks eerste keer Griekwa-trui in Windhoek

Specman dra straks eerste keer Griekwa-trui in Windhoek

Rugby
Marnus Kok
Die oud-Blitsbok Rosko Specman kan vroeg aanstaande maand sy buiging vir Griekwas se rugbyspan maak wanneer die Noord-Kapenaars teen Namibië se Welwitschias te staan kom.

Pieter Bergh, afrigter van die Poubloues, het Dinsdag gesê Specman sal Maandag saam met hulle begin oefen. Griekwas het verlede week aangekondig dat hulle die dienste van die vlugvoetige Specman (33) bekom het. Sy kontrak met die Cheetahs verstryk aan die einde van die maand.

Die Poubloues vertrek op 3 November met ’n groep van 27 spelers na Windhoek vir hul wedstryd op 5 November teen Namibië. Specman sal lid van die groep wees.

Die verwagting is dat Bergh Specman en Luther Obi as vleuels teen die Biltongboere sal inspan.

Twee spelers van Griekwas, Johan Retief (slot) en Janco Venter (flank), sal waarskynlik daardie dag vir die Welwitschias teen die Noord-Kapenaars diens doen. Hulle is albei Namibiese toetsspelers.

Dié kragmeting sal Griekwas se laaste vir die jaar wees. Terwyl hulle in Windhoek is, sal hulle ook die Namibië Brouerye op ’n uitstappie besoek. Die Poubloues se titelborg is Windhoek Draught.

Daar is ’n paar spelers op Griekwas se krukkelys. Die stut Andries Schutte en Derik Pretorius (slot) behoort teen Desember weer op die been te wees.

Andrew Beerwinkel (stut), Malcolm Jaer (veelsydige agterspeler) en Werner Gouws (losvoorspeler) behoort almal in Januarie weer reg te wees.

Dan is die verwagting dat Hanru Sirgel (losvoorspeler) teen die einde van Maart reg sal wees om te speel. Hy herstel van ’n hakskeen-besering.

Alle aanduidings is dat die Curriebeker-reeks in Februarie sal begin. Griekwas het vanjaar in die eindstryd van die reeks teen die Pumas verloor.

Die Noord-Kapenaars sal ná die kragmeting met Namibië ’n kort blaaskans hê, waarna hulle van 14 November tot 15 Desember vir die CB-reeks gaan voorberei. Ná ’n rusperiode oor die feestyd sal Griekwas dan op 4 Januarie na die oefenveld terugkeer.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!