Spelers op die skerm kan vernuf laat tel

e-Sport
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (NESA) bied môre sy tweede kwalifiserende geleentheid vir die gevegspeletjies Tekken 7 en PUBG Mobile, asook eFootball 2022.

Die byeenkoms sal môre by die MTC Innovation Centre by Maerua Mall reg langs die MTC Mobile Home gehou word, waar voornemende aanspraakmakers op hul beste sal moet wees.

Spelers wat wil inskryf, kan dit tot vanaand aanlyn by https://esportsnamibia.org/nesa-2022-qualifiers-registration doen.

“Atlete moet gerat wees om hul beste te lewer om te wys dat hulle oor die nodige talent beskik om Namibië by die volgende E-sport wêreldkampioenskap te kan verteenwoordig.

“NESA bedank graag sy amptelike e-sportvennoot, MTC, en ons borge Logitech en Nanodog wat die kompetisies moontlik maak. NESA bedank al die vrywilligers en personeel wat moeite en tyd insit om die byeenkomste ’n sukses te maak.”

• By NESA se onlangse eerste nasionale kwalifiserende toernooie vir Tekken 7 en eFootball 2022 is heelwat nuwe gesigte gesien wat bygedra het tot ’n strawwe kompetisie .

Vir Tekken 7 raap Johannes Johannes (KarmaLoki) die eerste plek op met Hassel Kabajani (Kaeizou) tweede en Fillemon Matias (Kandali) derde.

In eFootball 2022 was Fernando de Sousa (Nanjaros) in die eerste plek, Damien Britz (Shacosis) tweede en Rashaad Matjila (Jinx) derde.

Die nasionale kwalifiserende DotA2- toernooi is ook onlangs aanlyn afgehandel. Die topdrie spanne was Team Left Overs (eerste), Team Stay-At-Homies (tweede) en Team Rock, Paper, Feed!

• Meer inligting is op die NESA se Facebook-blad en www.esportsnamibia.org beskikbaar. Navrae kan aan Damien Britz by 081 148 2628 of Flip de Bruyn by 081 141 5100 gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!