Sommige van die Namibiese voorspelers Saterdagoggend tydens die skrumsessie onder leiding van Matt Proudfoot, wat ook met die 2019 Springbokke se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog betrokke was. Foto Andrew Poolman
Sommige van die Namibiese voorspelers Saterdagoggend tydens die skrumsessie onder leiding van Matt Proudfoot, wat ook met die 2019 Springbokke se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog betrokke was. Foto Andrew Poolman

Spelersgroep begin vind mekaar voor toer

Rugby
Andrew Poolman
Al die genooide spelers van oor die wêreld heen is ooglopend opgewonde om weer in Windhoek byeen te wees vir die eerste van die hoofafrigter Allister Coetzee se twee weeklange oefenkampe met sy Namibiese rugbygroep.

Afgesien van ’n vyftal senior spelers wat by die tweede kamp op Swakopmund vanaf 13 Julie verwag word, is die oefenkamp bykans voltallig bygewoon, met meer as 40 spelers, insluitend enkeles wat nog met rehabilitasie ná ligte beserings besig is.

Die losvoorspeler Wian Conradie en senter Le Roux Malan was Saterdag in Boston betrokke in hul MLR-franchise die New England Free Jacks se historiese eerste titel in die oostelike konferensie van Major League Rugby. Hulle het hiermee ook deurgedring tot die nasionale eindstryd teen óf die Seattle Seawolves óf die San Diego Legion uit die westelike konferensie.

Conradie, Malan, die Vrystaat-Cheethas se Louis van der Westhuizen en Aranos Coetzee asook Torsten van Jaarsveld (Bayonne, Frankryk) is onder die weiniges wat nog moet aansluit by die groep wat op die toer einde Julie na Uruguay voorberei.

Met lede van die afrigterspan soos Pine Pienaar, Barend Pieterse, Chrysander Botha en die skrumkonsultant Matt Proudfoot ook op die oefenveld, is die energievlak op die oefenveld deurgaans hoog.

Volgens Coetzee het die afgelope kamp, insluitend ’n tweedaagse besoek aan Midgard, grootliks bygedra om die spanbou en die samehorigheid van spelers wat aan verskillende klubs en unies verbonde is, te vergemaklik.

“Die kondisionering is nog nie waar ons dit wil hê nie, met sommige spelers wat uit ’n kompetisieseisoen kom, maar ons het drie weke om dit te verbeter. Warren Adams het ook aangesluit om Sergio de la Harpe met die krag en kondisionering van die groot groep spelers by te staan.”

Johan Deysel, kaptein van Namibië sedert 2018, het vanaf Colomiers in Frankryk aangesluit en sê die kamp was goed gereël vir die nuwe gesigte om mekaar te leer ken.

“Ons het jong en nuwe spelers wat in die stelsel bekendgestel word, met gesonde kompetisie in die meeste posisies wat altyd ’n goeie ding is. Op die oomblik fokus ons nog bietjie meer op fiksheid as rugby, maar die afrigterspan is baie goed en integreer die rugby saam met die kondisionering.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!