Sportministerie kry aanbod
Konsultasies kosteloos
Vergaderings is reeds gehou tussen die regering en twee maatskappye wat in die konstruksie van sportstadions spesialiseer.
Die Italiaanse maatskappy Limonta Sport en die plaaslike Nam Sport Turf bied aan die regering van Namibië en munisipaliteite omvattende konsultasiedienste van stadions gratis aan.
In die strewe om Namibië te help om sy vervalle sportstadions op te knap, het die twee maatskappye onlangs kragte saamgesnoer en verskeie belanghebbendes ontmoet om goedgunstige voorstelle aan Namibië te gee.
In ’n verklaring bied Sport Turf Namibia aan om sonder enige koste ’n instrumentele opname te doen.
Een aanbod is “tegniese en ontwerp-haalbaarheidstudies vir elke stadion sowel as identifisering van die mees geskikte stelsel gebaseer op die tegniese en prestasiespesifikasie van elke stadion.
Nog een is “’n finansieringsmodel, met inagneming van elke stadium van die algehele lewenskoste van die kapitale beleggings, instandhouding en vervangingskoste van elke stadion,” lui die verklaring.
Namibië se sokkerstadions is meer as twee jaar gelede tydens inspeksies deur die beheerliggame Fifa en CAF ongeskik vir die aanbieding van internasionale sokkerwedstryde bevind.
Ná Sport Turf Nam se besluit om in te gryp en die regering te betrek, het hy sy strategiese vennoot Limonta Sport SPA van Italië genooi om gesamentlik onafhanklike en tegniese evaluerings en statusbepalings van stadions oraloor Namibië uit te voer.
Die maatskappye het tot dusver konsultasievergaderings gehou met die minister van sport, Agnes Tjongarero, haar adjunk Emma Kantema-Gaomas sowel as Windhoek-munisipaliteit se sport- en ontspanningsdepartement onder leiding van Uakazuvaka Kazombiaze.
Hulle het ook na Walvisbaai gereis en samesprekings gevoer het met die Walvisbaai-munisipaliteit onder burgemeester Trevino Forbes.
Die groep het verder vergaderings gehad met die Otjiwarongo-munisipaliteit onder leiding van Moses Matyayi, uitvoerende hoof, Inge Kaveterua en Timothy Ggita.
“Ons strategiese vennoot Limonta Sport SPA bring unieke kundigheid na Namibië as een van slegs agt Fifa-voorkeurverskaffers vir kunsgras wêreldwyd.
“Hierbenewens is Sport Turf Namibia ten volle in Namibiese besit en ’n amptelike sportoppervlak- en konstruksiemaatskappy wat gemagtigde FIFA-, FIH-, ITF-, IRB-produkte en hoëgehalte sportbane sowel as sintetiese sportveldprodukte verskaf,” skryf die maatskappy.
Die maatskappy werk tans om voor 31 Maart tegniese en finansiële voorstelle aan die ministerie voor te lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie