Sportwedders borg Welwitschias

Rugby
Andrew Poolman
Met ’n bedrywige en uitdagende terugkeerseisoen tot Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie wat nader kom vir die Windhoek Draught Welwitschias, was die Namibië Rugbyunie (NRU) in sy skik om ’n ooreenkoms met JSB Sports Betting as ’n bykomende spanborg bekend te stel.

Jayson Zulch het gesê: “Ons as JSB Sports Betting-groep is verheug om vir die afsienbare toekoms ’n en borg van Namibië se Welwitschias te word.

“Die vennootskap toon JSB se verbintenis tot sport in die land, veral rugby wat so naby aan die mense van Namibië se hart lê.

“Die NRU is ’n puik organisasie en dit blyk uit die hoeveelheid steun en sukses wat dit gedurende sy ryk geskiedenis gehad het. Die NRU is presies die tipe organisasie waarna JSB op soek was.

“Ons is opgewonde om te sien hoe die plaaslike Welwitschias voorberei vir die komende 2023 Wêreldbeker en die grondslag lê om die nasie te inspireer, te verenig en ons internasionale beeld te bevorder.”

John Heynes, uitvoerende hoof van die NRU, het gesê: “Die steun wat ons tot dusver van borge ontvang, was ongelooflik. Dis regtig wonderlik om te sien hoeveel mense nie net ons span ondersteun nie, maar die sport rugby in die algemeen.

“Ons sien die naderende Mzansi-uitdaagreeks as ’n hoogtepunt vir sport in Namibië en ’n goeie aanloop tot die lank verwagte 2023 Wêreldbeker.

“Ons is dankbaar dat ’n lewenskragtige borg soos JSB Sports Betting deel hiervan wil en kan wees. Rugby bereik duisende Namibiërs en uitbreiding sal altyd in ons unie se planne wees. Om toegang te hê en in te skakel by ’n borg met ’n groot bestaande kliëntebasis, verhoog ons groei as geheel.

“Ons bedank JSB Sports Betting-groep vir die geloof in ons planne, etos, kernwaardes en doelwitte en sien uit na die vennootskap.”

JSB Sports Betting sluit aan by die jarelange hoofborg Windhoek Draught, Pupkewitz Nissan en ander borge wat later bekendgestel sal word.

Rugby-ondersteuners kan uitsien dat die Windhoek Draught Welwitschias op 1 en 4 Maart in die Hage Geingob-stadion twee opwarmwedstryde teen die Airlink Pumas van Mpumalanga sal speel.

Die Mzanzi-uitdaagreeks skop op 25 Maart af, met die Namibiërs in ’n wegwedstryd teen die Grens Bulldogs.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!