Springbokstut eersdaags by Ulster
Supersport het bevestig dat Springbok-stut Steven Kitshoff tot minstens 2026 by die Ierse klubspan Ulster sal aansluit. Kitshoff sal eers ná volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk dié skuif maak.
Kitshoff het in die laaste rugbyseisoen gedien as kaptein van die DHL Stormers. Die 30-jarige loskopstut het ook voorheen vir die Franse klubspan Bordeaux gespeel en was een van die Springbok-helde wat in 2019 die Rugbywêreldbeker onder leiding van Siya Kolisi verower het.
Hy het aan BBC gesê hy is opgewonde oor sy skuif na Belfast.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie