Stadige begin kos toerspanne in Kaap
Hokkie
Suid-Afrika se nasionale o.18-meisie- en seunspanne het Sondagaand in Stellenbosch beide die voortou in die reeks van drie junior toetse teen Namibië geneem.
Die SA seunspan het met 4-0 gewen, terwyl die SA meisiespan met 3-1 aan die wenkant was op die eerste wedstryddag van die Alistair Fredericks Africa Challenge.
Die Namibiese meisies het goed verdedig en kort voor rustyd was die telling steeds 0-0. Met minder as agt minute oor het Kyla Landsberg se doel teen die verloop van die spel Namibië met 1-0 laat voorloop.
Ntshopa Mokoena van Suid-Afrika het egter drie minute later die telling gelykop gemaak. Jana van Antwerpen se twee doele in die 32ste en 49ste minute het die Namibiërs se hoop finaal begrawe.
Ntshopa Mokoena van Suid-Afrika is as speler van die wedstryd aangewys.
Azalea Philander, meisieskaptein van Namibië, het agterna gesê: “Die meisies was aan die begin baie senuweeagtig, maar dit het later beter gegaan. Ons sal aan ons fisieke spel en die behoud van balbesit moet werk.”
• In die seunswedstryd het Suid-Afrika drie doele binne die eerste kwartier aangeteken. Ross Montgomery het in die tweede minuut en James Flint in die tiende en twaalfde minuut die telling tot 3-0 laat vorder.
Namibië se kaptein, JP Britz, en sy span het in die res van die kragmeting veel beter meegeding, maar kon nie ’n doel aanteken nie. Flint het in die tweede minuut van die tweede helfte die laaste sê met sy driekunsdoel gehad om as speler van die wedstryd bekroon te word.
Britz het ná die toets gesê: “Ons het strawwe teenstand verwag, want Suid-Afrika het ’n goeie span. Ons het vier korthoeke in die eerste helfte afgestaan en sal beslis hieraan werk.”
• Die reeks word vanaand afgesluit met die derde wedstryde vir die meisies (18:30) en seuns (20:30), beide regstreeks op SuperSport (209).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie